Leesplan inligting

Laat Sy Liefde Jou LeiVoorbeeld

Laat Sy Liefde Jou Lei

DAG 4 VAN 7

Laat God jou verras!

Jesus Christus het gekom om te verseker dat ons eendag ’n totaal núwe, wonderlike wêreld gaan betree. Hoe heerlik om daarom uit te sien na ons lewe in die hiernamaals. Maar ons liefdevolle Vader wil ook hê dat ons elke dag hier op aarde as núwe mense sal leef wat besef dat sy genade vir ons elke oggend van voor af begin. Juis daarom kan jy maar, ten spyte van alles wat gister en eergister in jou lewe gebeur het (of juis nié gebeur het nie!), wéér vandag jou lewe vir jou Skepper gee. Vra nou en elke nuwe môre dat Hy:

  • jou sonde- en skuld-verskeurde hart met sy omvattende vergifnis sal vervang;
  • elke uitgerafelde en onvergenoegde deel van jou lewe met heelmaak-hoop sal vaswerk;
  • die stukkende emosies van jou hart met sy lap van troos sal toevou; en
  • jou uitgewaste en verbleikte drome weer met nuwe passie sal kleur.
God wil, ongeag enigiets, ook vandag goed wees vir jou. Daarom kan jy rustig wees, ontspan en met vreugde uitsien na ’n nuwe genadedag aan jou geskenk: ’n dag waarin Hy jou gaan verras!

Here, ek sien uit om vandag weer u volmaakte plan met my lewe te leef.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Laat Sy Liefde Jou Lei

Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toe...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid