Leesplan inligting

Vreesloos In Die Geveg Voorbeeld

Fearless in Battle

DAG 4 VAN 7

Daar is geen twyfel daaroor nie: ons geloof stel God tevrede en die gebrek daaraan is vir God teleurstellend.




In vandag se teksvers lees ons dat Jesus verwonderd is oor die geloof van die hoofman. Ons lees ook dat Hy verwonderd is oor die ongeloof van mense wat Hy in die bediening teëgekom het — weens hulle ongeloof "kon Hy nie magtige werke daar verrig nie."




Hoe reageer Jesus op jou geloof? Staan Hy in verwondering? Of word Hy beperk om magtige werke te doen weens jou ongeloof?




Wanneer ons ongelowig is, stel ons God teleur. Wanneer ons gelowig is, maak ons God bly. Dit is so eenvoudig soos dit. 




Om in geloof op te tree, gee vir God die geleentheid om sy groot krag ten toon te stel. Wanneer jy sy krag in aksie sien, word jou geloof versterk. Dit gee vir God die geleentheid om sy doelwitte in en deur jou te bereik. 




Wat gaan jy vandag kies — vrees of geloof? Hoe gaan jy vandag vir God tevrede stel?





Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Fearless in Battle

Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situ...

More

Baie dankie aan Rajiv Chelladurai en LifeWay Publications India wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://lifeway.in/fearless/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid