Leesplan inligting

Vreesloos In Die Geveg Voorbeeld

Fearless in Battle

DAG 2 VAN 7

Jesus moedig ons aan om geloof te hê wanneer dinge onmoontlik lyk. 




Hoe werk geloof? Eerstens begin geloof waar logika eindig. 




1 Korintiërs 2:5 sê dat ons geloof nie "gegrond is op die wysheid van mense nie, maar op die krag van God".




Geloof is gebaseer op wie God is — sy onveranderlike karakter, sy mag en sy Woord. Geloof is nie gebaseer op ons vermoëns of vernuf nie. 




Abraham beklemtoon die "onlogiese" geloof. Hebreërs 11:8 sê: "Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom."




Anders as Abraham wil ons eers die voor- en nadele verstaan voordat ons 'n besluit of selfs 'n tree vorentoe neem. Geloof gaan oor algemene vertroue en gehoorsaamheid aan God, wie se weë ver bo ons begrip is. 




Geloof mag dalk veroorsaak dat jy, net soos Abraham, dinge moet doen wat radikaal is. Dit kan veroorsaak dat jy soos 'n dwaas lyk, maar onthou dat sulke dade van geloof tot die grootste deurbrake lei. 




Spreuke 3:5-6 moedig ons aan: "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."




Kom ons ontrafel daardie verse:




Vertrou op die Here — ek en jy is geroep om volkome geloof in God te hê.




Moenie op jou eie insigte staatmaak nie — vergeet van jou logika.




Ken Hom in alles wat jy doen — maak op God staat in alles wat jy doen. 




En Hy sal jou die regte pad laat loop — die gevolg: God sal vir jou 'n deurbraak gee. 




Een van die grootste uitdagings rakende geloof is die mens se logika. Geloof kan slegs funksioneer wanneer jy van logika ontslae raak.





Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Fearless in Battle

Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situ...

More

Baie dankie aan Rajiv Chelladurai en LifeWay Publications India wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://lifeway.in/fearless/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid