Leesplan inligting

Vreesloos In Die Geveg Voorbeeld

Fearless in Battle

DAG 1 VAN 7

Daar is geen twyfel dat die situasies wat ons in ons lewens trotseer, ongemaklik gaan raak nie. Vir die dissipels was dit 'n senutergende storm. Vir ons kan dit onder andere 'n werksituasie, 'n finansiële probleem, 'n gesondheidstoestand, of 'n verhoudingskwessie wees. 



Daar is letterlik honderde heeltemal logiese redes om voor vrees te swig. 



Die Bybel maak dit egter duidelik dat God nie wil hê dat ons moet swig voor vrees nie. Om die waarheid te sê, jy mag dalk al gehoor het dat die frase "moenie vrees nie" 365 keer in die Bybel voorkom.



Terwyl ons ongetwyfeld vreesaanjaende situasies in ons lewens gaan trotseer, is ons reaksie teenoor vrees van kardinale belang. Ons kan nie onaangename omstandighede vermy nie, maar ons kan wel kies om dit op die regte manier aan te pak.



Wat is dus die teenmiddel vir vrees? 



Die antwoord vind ons in Jesus se woorde in Matteus 8:26: "Waarom is julle bang, kleingelowiges?" 



Die vers sê nie: "O, julle sonder moed" of "sonder geleerdheid" nie, maar wel "julle kleingelowiges" (my beklemtoning).



Dit is duidelik: ons kan óf swig voor vrees óf voortgaan in geloof.



Geloof het die klein skaapwagterseuntjie, Dawid, geïnspireer om die befaamde oorlogsheld, twee keer sy grootte, te verslaan, terwyl die res van die Israelitiese leër gebewe het van vrees.



Geloof het veroorsaak dat Josua en sy volgelinge die versterkte stad kon verslaan deur vir sewe dae lank daarom te loop. 



Geloof het vir Petrus die moed gegee om uit die boot te klim en op die onstuimige see te loop (totdat vrees hom oorval het).



Dit was 'n stryd wat ons in die gesig gestaar het toe ons hoor dat die swelsel op my dogter se voorkop in werklikheid 'n kankeragtige groeisel was. Daardie diagnose het ons wêreld op sy kop gedraai. Geloof het ons egter gehelp om, een dag op 'n slag, aan te gaan. 



Geloof kyk vrees vierkantig in die oë. Geloof spreek vrees aan. Geloof gee vrees geen ruimte nie, nie eens 'n vastrapplek nie.



Hou jy aan vrees vas? Wéét dat jy in geloof uit die boot kan klim as jy jou oë op Jesus gevestig hou. Bid vir daardie mosterdsaad-grootte geloof wat met elke tree van gehoorsaamheid sal groei. 





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fearless in Battle

Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situ...

More

Baie dankie aan Rajiv Chelladurai en LifeWay Publications India wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://lifeway.in/fearless/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid