Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 3 VAN 43

Lees: Markus 1:1–20 

SOAP: Markus 1:7–8

Hy het gepreek en gesê: "Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop." 

Oordenking

Johannes die Doper het 'n belangrike roeping gehad. Hy moes aan almal wat wou hoor, verkondig dat hulle hul moet bekeer, omdat Jesus, die Messias, sou kom. Dit was nie 'n maklike roeping nie. Geklee in vreemde klere en met vreemde gewoontes, het Johannes 'n vreemde boodskap gepreek: bekeer julle en laat julle doop. Johannes het geweet dat Jesus op pad was. 

Johannes het geweet wat Jesus gekom het om te doen, want Hy het die Skrif geken en dit het na Jesus gewys. Johannes het met water gedoop en Jesus sou 'n baie groter geskenk bring, die Heilige Gees. Johannes het Jesus se goddelikheid verkondig. Jesus is deur Johannes gedoop, wat Jesus se nederigheid en sy doel aangetoon het. 

Die evangelie van Markus vra (en antwoord) voortdurend die vraag: "Wie is Jesus?" Johannes het die eerste antwoord op hierdie vraag gegee deur die goddelikheid en krag van Christus te herken voordat enige wonderwerk gedoen is. 

Gebed

Here, dankie vir u getroue dienskneg, Johannes. Ek bid dat U aan my dieselfde toewyding en getrouheid sal verleen om te verkondig wie U is. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid