Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons studie van die Evangelie van Markus.   

Die Evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid, word wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie die Bybelstudie vir jou! 

 

S.O.A.P.

Hier by Love God Greatly Afrikaans, gebruik ons die SOAP-metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken S.O.A.P.?

S– Die S staan vir Scripture - jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy Woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O– Die O staan vir Observation - wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A– Die A staan vir Application - dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P– Die P staan vir Prayer. Bid God se woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.

 

Inleiding:

Jesus as Dienskneg

Die evangelie van Markus identifiseer 'n aspek van Jesus se karakter wat aansienlik verskil van wat die Jode in hulle Messias verwag het. In plaas daarvan om op sy indrukwekkende geslagslyn te konsentreer, het Markus voorvalle in Jesus se bediening uitgelig wat getoon het dat Hy die Seun van God is asook die getroue lydende Dienskneg wat vir die sondes van die wêreld gesterf het.

Markus bevat drie hoofafdelings wat elk 'n ander aspek van Jesus se rol as dienskneg beskryf. Hoofstukke 1–7 openbaar hoe Jesus 'n dienskneg van die skare was, en hierdie hoofstukke bevat sy Godheid en krag. Hoofstukke 8–10 wys hoe Hy 'n dienskneg van die dissipels was, met die fokus op beginsels van dissipelskap en dienskneg-leierskap. Laastens word in hoofstukke 11–16 gewys hoe Jesus 'n dienskneg van die wêreld was, sy dood en opstanding word ook breedvoerig uiteengesit. Twee belangrike belydenisse van Jesus se Godheid dien as merkers in die Evangelie van Markus: Petrus se belydenis in 8:29 en die hoofman oor honderd s’n in 15:39.

Baie beweer dat Markus die evangelie, wat sy naam dra, geskryf het onder toesig van Petrus terwyl hy in Rome was. Markus was teenwoordig by sommige van die gebeure wat in hierdie evangelie opgeteken is, waarskynlik ook met die arrestasie van Jesus (waar hy moontlik die man was wat naak van die soldate in die tuin weggehardloop het). Markus het waarskynlik hierdie evangelie geskryf gedurende die tyd van Petrus se dood, ongeveer 65–67 n.C.

Die evangelie van Markus stel Jesus voor as God se Seun, as iemand wat bereid was om te sterf vir die sondes van die mensdom. Hierdie evangelie herinner ons aan Jesus se oorweldigende liefde vir mense. Hy het nie net sy gesag en posisie in die hemel prysgegee nie, maar Hy het Homself verneder en 'n dienskneg geword, nie net van God nie, maar ook van sondige mense. Sy weergalose liefde word op elke bladsy van hierdie evangelie uitgespel, dit moedig ons aan om te reageer deur Hom baie lief te hê en ons lewens aan Hom oor te gee.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid