Leesplan inligting

Hoe Ken Ek God se Wil?Voorbeeld

How Do I Know God’s Will?

DAG 5 VAN 5

God se Onbetwisbare Opdragte



Wanneer dit by die wil van God kom, is daar soveel meer wat ons weet as wat ons nie weet nie. Oral in die Woord van God word vir ons rigting aangewys, as ons net oë het om te sien. Hy het so baie wat Hy wil hê ons op die aarde moet doen, nie om sy liefde te verdien nie, maar om die oorvloedige lewe wat Jesus belowe het, hier op die aarde te hê. In plaas daarvan om gedurig te dink oor wat ons wens ons van God se meesterplan geweet het, kan ons liewer daarop fokus om te word wie God wil hê ons moet wees. Wanneer ons dit doen, sal ons weet wat ons moet doen. 



Ons Moet God Liefhê

Ons wil dikwels weet wat ons moet doen. Hierdie Skrifgedeelte in Matteus 22 kan nie duideliker wees nie: "Jesus antwoord hom: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod'" (Matteus 22:37-38). Nie net met 'n gedeelte van onsself nie, maar met ons hele wese — liggaam, siel, verstand, en gees.



Ons Moet Ons Naaste Liefhê

Jesus het ons ook geleer om ons "naaste lief te hê soos onsself" en dit is naas ons liefde vir God, die belangrikste gebod. Dit is vir ons maklik om onsself lief te hê. Ons maak amper altyd seker dat in ons behoeftes voorsien word. God wil egter hê ons moet ander liefhê, soos ons onsself sal versorg en liefhê. 



Maak Dissipels

Omdat ons volgelinge van Jesus is, moet ons dit waarin ons glo vir ander vertel. God begeer dat almal Hom sal leer ken, en omdat ons Jesus volg, besit ons die teengif teen die ewige siekte van sonde waaraan die wêreld ly. Wat die wêreld nodig het om te hoor, is die evangelie van Jesus. Hierdie goeie nuus — wat die woord evangelie beteken — is vir almal. Of iemand Jesus as die Verlosser en Saligmaker ken of nie, ons kan steeds die goeie nuus met hulle deel. 



Wanneer ons fokus op die belangrikste roepinge van God aan alle volgelinge van Jesus, sal ons minder tyd in beslag neem om die onbekende deel van God se wil te probeer verstaan. As ons die gebruike van die wêreld agterweë laat, en in plaas daarvan kies om ons denke te vernuwe, sal dit wat God se goeie, aangename en volmaakte wil is, vir ons duidelik word. 



Oordink




  • Hoe goed volg jy hierdie onbetwisbare opdragte van God? Om God lief te hê, om jou naaste lief te hê en om dissipels te maak?

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How Do I Know God’s Will?

Wat is God se wil? Ons almal het al op een of ander stadium in ons lewens daaroor gewonder. Soms is ons verlam terwyl ons wag om te weet wat dit is. Die Bybel is ons gids om meer oor hierdie onderwerp te verstaan. Ons sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid