Leesplan inligting

Hoe Ken Ek God se Wil?Voorbeeld

How Do I Know God’s Will?

DAG 4 VAN 5

Hoe Spesifiek Is God se Wil?


In die afgelope twee dae se oordenkings het ons gepraat van die bekende en onbekende wil van God. Daar is egter nog een aspek van God se wil wat baie volgelinge van Christus senuweeagtig maak. Ons wil dikwels weet hoe spesifiek God se wil is.


Moet ek hierdie huis koop of daardie een?

Moet ek na hierdie universiteit toe gaan of na daardie een?

Moet ek met hierdie persoon trou of daardie een?

Moet ek hierdie plan kies of daardie een?

Moet ek hierdie betrekking aanvaar of daardie een?


Die Bybel beantwoord nie spesifiek hierdie soort vrae nie, en sê ook nie "Jy moet 'n dokter word," of "Trou volgende jaar met Paul" nie. Miskien moet ons ons spesifieke vrae na die Woord van God neem en kyk hoe ons begeertes en vrae met die waarheid uit die Woord van God vereenselwig kan word. 


Is daar een perfekte persoon vir jou om mee te trou? Waarskynlik nie. As dit die geval was, as een persoon dan iemand kies wat eintlik met 'n ander een moes trou, is alle ander mense se keuses verkeerd. In plaas daarvan, moet ons wanneer ons oorweeg met wie ons die res van ons lewens deel, wysheid en onderskeidingsvermoë toepas om ons te lei na dit wat God vir ons wil hê. 


Dit beteken nie God sal nie 'n spesifieke gebed van ons verhoor nie. God het ons lief en verras ons dikwels met presies dit waarvoor ons gevra het! Dit is egter meestal wys om die Woord van God toe te laat om ons gids te wees, want dit het baie te sê oor die besluite wat ons moet neem. Laat ons bid om wysheid en onderskeidingsvermoë terwyl ons uit die Woord van God leer, en oorweeg die volgende vrae:


Sal hierdie keuse met God se waarheid teenstrydig wees?

Is dit die wysste besluit? (finansieel, verhoudingsgewys, emosioneel, ens.)

Is daar enige vrese wat my besluit beïnvloed?

Sal ek oor 'n week, maand, jaar, tien jaar hieroor spyt wees?

Watter pad gee my die meeste vrede?

Het ek na God se wysheid gesoek? 


Ons leef te dikwels met angs om die verkeerde keuses te maak. Dit is baie moontlik dat ons keuses sal maak waaroor ons later wens dat ons dit nie gedoen het nie. Verkeerde keuses lei egter dikwels daartoe dat ons in die toekoms beter keuses maak. 


Ongeag watter keuses ons maak, God se liefde vir ons raak nooit meer of minder nie. Hy is absoluut verlief op ons. God se herskeppende krag verander ons. Met die hernude denke wat deur God se Gees gelei word, kan ons onderskei wat die goeie is wat God vir ons lewens beplan. 


Oordink


  • Voel jy dikwels verlam wanneer jy groot besluite moet neem? Maak 'n lys van 'n paar dinge waaroor jy bevrees voel en vra God om sy waarheid aan jou te openbaar. 
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How Do I Know God’s Will?

Wat is God se wil? Ons almal het al op een of ander stadium in ons lewens daaroor gewonder. Soms is ons verlam terwyl ons wag om te weet wat dit is. Die Bybel is ons gids om meer oor hierdie onderwerp te verstaan. Ons sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid