Leesplan inligting

Hoe Ken Ek God se Wil?Voorbeeld

How Do I Know God’s Will?

DAG 1 VAN 5

Wat Is God se Wil Vir My Lewe?



Die onderwerp van God se wil is nogal gewild onder volgelinge van Jesus. Daar is een dringende vraag wat baie van ons het: "Wat is God se wil vir my lewe?" Omdat dit 'n verwarrende ding vir baie mense kan wees, wil ons dikwels nie met ons lewens aangaan tot ons "van God hoor" nie. Die waarheid is ons het al van God oor hierdie onderwerp gehoor.



Om God se wil te verstaan, moet ons leiding in die Bybel kry. Daar is godvrugtige mense om ons wat insig en raad sal hê oor wat waardevol kan wees. Dit is egter uiters belangrik dat ons bo alles God se waarheid sal soek. Geen hoeveelheid van menslike redenering of insette kan vervang wat ons in die Bybel vind nie. 



God se wil is spesifiek, maar ook nie. Dit is spesifiek in die sin dat ons kan lees wat God vir ons beplan, maar dit is nie spesifiek nie in die sin dat ons miskien die verkeerde vraag vra. In plaas daarvan om te vra: "Wat is God se wil vir my lewe?" moet ons miskien 'n eenvoudiger, diepgaande vraag vra: "Wat is God se wil?" 



Dit beteken nie dat God nie goeie planne vir jou spesifiek het nie. Hy het. Dit beteken ook nie dat Hy nie persoonlik besorgd oor jou is nie. Hy is. Dit beteken ook nie dat hy jou nie gawes gegee het om spesifieke dinge hier op aarde te doen nie. Hy het. Dit is net dat God se wil en plan op hierdie aarde is om sy doelwitte te bereik, nie ons s'n nie. God is die hemelse Direkteur, wat sy plan op die aarde uitvoer en ons kry 'n rol om daarin te speel.



Sommige dinge is maklik om te ontrafel terwyl ander geloof en geduld verg. Skrywer en pastoor, John Piper, beskryf die twee "wille" van God so: sy bepalende (oppermagtige) wil en sy verkose (toegelate) wil. God se bepalende wil kan nie ongedaan gemaak word nie, dit is wat God bepaal het sal gebeur. Dit word dikwels beskou as onbekend of 'n misterie. God se verkose wil is waar ons elke dag leef. Ons kan aan sy opdragte ongehoorsaam wees as ons so kies. Hierdie is dinge van die Bybel wat ons weet ons moet doen. In hierdie leesplan, sal ons hierdie wille vereenvoudig en daarna verwys as onbekend en bekend. 



Oor die volgende paar dae van hierdie leesplan, sal ons verskillende aspekte van God se wil bespreek. Reis saam met ons om nuwe insigte te kry in 'n bespreking wat op die harte en gedagtes van baie volgelinge van Christus lê. 



Oordink




  • Wanneer jy aan God se wil dink, wat kom in jou gedagtes op? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How Do I Know God’s Will?

Wat is God se wil? Ons almal het al op een of ander stadium in ons lewens daaroor gewonder. Soms is ons verlam terwyl ons wag om te weet wat dit is. Die Bybel is ons gids om meer oor hierdie onderwerp te verstaan. Ons sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid