Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 6 VAN 25

'n Boodskapper vir die Messias


Wie was Johannes die Doper?


Op grond van Lukas 1:36 was Johannes 'n neef van Jesus. Johannes was ses maande ouer as Jesus. Hulle het moontlik 'n hegte verhouding gehad, maar indien wel, het ons nie besonderhede daaroor nie.


Daar was iets omtrent Johannes wat ander laat voel het dat hy belangrik is — iemand vir wie hulle gewag het. In die Ou Testament was daar verskeie profete wat oor toekomstige gebeure geprofeteer het. Hulle het gepraat van 'n Messias ('n Verlosser) wat sou kom om God se uitverkore volk (die Israeliete) te red. 


Hier is 'n interessante brokkie om op te let: 500 jaar het verloop sedert die laaste profeet oor 'n komende "Messias" gepraat het. Vir geslagte lank het die volk van Israel gewag en gehoop op hul Verlosser. Toe Johannes die Doper dus op die toneel verskyn, was dit 'n deurslaggewende oomblik in die geskiedenis! 


Hulle was nie heeltemal seker hoe hulle die Messias sou herken nie, maar hulle het wel iets anders in Johannes gesien — iets wat hulle laat wonder het of hy die een is vir wie hulle gewag het. Johannes was nie jou gemiddelde ou nie. Hy het in die woestyn gewoon, sprinkane en heuning geëet en kameelvelklere gedra. Toe hy dus sê hy is nie die Messias nie, het die mense gewonder of hy dalk Elia is. 


Elia was 'n groot profeet — iemand wat soos 'n woordvoerder van God geprofeteer en wonderwerke gedoen het. Onder die Jode is hy baie hoog aangeslaan (2 Konings 2:11). Hy is in 'n warrelwind na die hemel opgeneem — wat beteken dat hy nooit liggaamlik gesterf het nie. Dus het mense gedink hy kan nog op een of ander manier lewe en dat God nou vir Elia gebruik om take op aarde te verrig. Dit was nie Bybels nie, maar net 'n gewilde geloof in daardie tyd. 


Johannes was nog nie reg om te verduidelik wie hy was nie, maar hy het begin om almal se gedagtes oor hom te weerlê. Daar word na hom verwys as “die Doper”. Hy het begin preek dat mense hulle van hul sondes moet bekeer en dan het jy diegene gedoop – deur hulle in water te onderdompel. Dit was sy enigste bediening. Die Fariseërs, die godsdienstige mense van daardie tyd, het gevra hoekom hy mense doop. Sy reaksie het nie regtig hul vrae beantwoord nie, maar het wel na Jesus verwys. Hy het die kollig van homself weggeneem en dit verskuif na Iemand wat op 'n heeltemal ander manier gaan doop. 


Nadenke: 


Is daar enige oortuigings waaraan jy nog vashou wat jou daarvan weerhou om dieper te delf om Christus te ken of te glo wat Hy sê? 


Is enige van jou gebede beantwoord op maniere wat jy nie heeltemal verwag het nie? Of wag jy nog op God vir iets omdat jy dalk nie weet dat die antwoord reg voor jou is nie? 


Wanneer laas het jy ander na Christus en weg van jouself gewys? 


Gebed:


Vader, dankie vir die maniere waarop U nog altyd getrou was om u beloftes na te kom. Dankie dat U by my is, selfs in die wagtyd. Openbaar aan my enige areas in my lewe waar ek aan valse oortuigings vashou en vergroot my vertroue in u wysheid en u weë. Help my om net soos Johannes die Doper, U te verheerlik in alles wat ek doen. 


*Gaan voort met die goeie werk aan jou Jesus Is … joernaal! 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid