Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 5 VAN 25

Desperaat vir Waarheid



God het deur Moses die wet aan ons gegee. Die doel van die wet is om te openbaar wat verkeerd en sondig is, en om ons te lei na wat reg en lewegewend is en wat God behaag. Die probleem met die wet is dat dit ons nooit voor ons volmaakte en heilige God regverdig kan maak nie, want ons is nie in staat om daaraan te voldoen nie. Dit is hoekom Jesus Christus moes kom om aan ons 'n beter weg te voorsien wat die wet nooit kon doen nie — 'n blywende reiniging van sonde. 



Die genade van Jesus tesame met die waarheid, maak wel 'n weg vir ons oop!



Jesus het vol van genade en waarheid gekom. Genade en waarheid — nie Goddelike guns sonder die werklikheid van die waarheid nie. Nie waarheid sonder sy goedheid nie. Nie genade alleen nie, ook nie waarheid alleen nie, maar 'n genade wat waar is en 'n waarheid wat genadig is!



Die woord “waarheid” kom 25 keer in die evangelie van Johannes voor. Hoekom dink jy het Jesus Homself geïdentifiseer as “die Waarheid”? Die Griekse woord aletheia is die Bybel se oorspronklike taal vir “waarheid.” Aletheia word ook as 'n "feit" beskou en is sinoniem met die woord "werklikheid”. 



Waarheid is werklikheid! Dit wys ons daar is geen misleiding of illusie in waarheid nie. 



Hierdie wêreld sal altyd in desperate nood wees vir ware werklikheid — waarheid. Misleiding is ons mees vreesaanjaende epidemie. Ons is tevrede met illusies en dwalinge wat swak plaasvervangers vir Jesus Christus is. 



Dit is dus noodsaaklik om die waarheid te ken en te deel! As jy 'n Christen is, hou jy by die waarheid. Waarheid is al God se getroue wysheid, kennis en weë. Waarheid is ons onveranderlike grondslag. Waarheid maak ons vry. Waarheid is Jesus! 



Nadenke: 



Waarom bring die kennis van en lewe in waarheid vir ons vryheid? 



Noem 'n plaasvervangende "werklikheid" waaruit jy mense in jou kultuur sien leef. 



Wat van jou eie lewe? Waar het jy 'n plaasvervangende werklikheid of "waarheid" aangeneem?



Aanvaar hierdie eenvoudige uitdaging: In plaas daarvan om 10 minute op jou sosiale mediarekening deur te bring, gebruik daardie kosbare oomblikke in die Woord van God. 



Gebed:



Geseënde Vader! U is die ware werklikheid van hierdie wêreld! Ek loof U dat U u waarheid aan my openbaar het! Mag my siel toenemend honger en dors om te groei in kennis van U. Ek wil U beter en beter leer ken. U volmaakte weë en wonderlike wysheid het my vrygemaak. Ek juig omdat ek in U vry is!



*Onthou om notas te maak in jou Jesus Is … joernaal. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid