Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 25 VAN 25

Glo vir Jesus



Aan die einde van Johannes 4 sien ons hoe Jesus 'n deernisvolle wonderwerk doen. ’n Koninklike amptenaar was desperaat omdat sy seun baie siek geword het. Hy het Jesus gesmeek om die kind te genees. Die man se belangrikste begeerte was na genesing, maar Jesus se belangrikste begeerte was die man se geloof in Hom.



Jesus het vir die pa gesê om huis toe te gaan, want sy seun sou lewe, en die man het ware geloof en vertroue in Jesus getoon. Hy het geglo wat Jesus gesê het en dadelik huistoe gegaan na 'n herstelde seun. Wat 'n groot wonderwerk! Christus gebruik wonderwerke om sy identiteit en heerlikheid te openbaar en om ons geloof te versterk. 



Het jy al ooit vir 'n wonderwerk gebid soos die man in hierdie verhaal? Miskien was 'n geliefde siek, en jy het desperaat om genesing gebid. Miskien was jou huwelik besig om uitmekaar te val en het jy God gesmeek om dit te herstel. Miskien is jy tans besig om vir iemand wat jy liefhet te bid om Christus te leer ken. 



Net soos hierdie amptenaar, beleef ons almal tye wanneer ons uitroep om 'n wonderwerk. Wanneer hierdie tye aanbreek, bid, vertrou en glo, selfs wanneer daar geen hoop in sig is nie. Hou aan God vas, want Hy is by jou en sal voor jou uitgaan. 



Suster, waarvoor vertrou jy vandag? Glo vir Jesus! Moenie wankel in jou vertroue dat Hy goed is nie! Gryp die versekering aan dat Hy jou gebede hoor en vir jou omgee. Onthou dat gebed kragtig is. Die antwoord is dalk nie altyd wat jy verwag nie, maar dit bring ons altyd nader aan God. 



Filippense 4:6-7 sê: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."



Susters, dit maak nie saak waarvoor jy vandag te staan kom nie, gee dit vir God. Laat toe dat sy vrede julle harte oorstroom, in die vertroue dat sy doel altyd groter as ons planne is. 



Nadenke: 



Wat leer hierdie spesifieke wonderwerk ons oor Jesus? Probeer om aan soveel antwoorde te dink as wat jy kan.



Hoe kan jy meer geloof hê soos die vader in vandag se Skrifgedeelte? 



Waarvoor vra jy vandag vir God? Bring dit met verwagting na Hom toe. 



Gebed



God van wonders, net soos die koninklike amptenaar geglo het voor sy seun genees is, sal ek U ook op u Woord neem en U volkome vertrou. Vergroot my geloof sodat ek sal glo al sien ek nie. Omring my met u vrede wat alle verstand te bowe gaan. Ek het U lief, Vader! Ek wil U ten volle vertrou! Ek is in elke opsig geseënd omdat U by my is!



Dankie dat jy in hierdie leesplan oor Johannes 1-4 by ons aangesluit het! Ons hoop jou verbintenis met God het verdiep en dat jou begrip van Christus en sy liefde vir jou sal weerklank vind soos nog nooit tevore nie. Staan tyd af om jou Jesus Is … joernaal te hersien en deel met jou vriende en familie wat God vir jou deur hierdie reis gesê het. 



Vir soortgelyke studies, besoek www.life.church/sisters


Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid