Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 3 VAN 19

Hoe Vind Jy God se Droom vir Jou Lewe?


Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie iets is soos 'n goeie mens nie. Daar is net gewone mense wat toegewyd is aan groot drome. Wanneer jy jouself toewy aan 'n groot droom, maak dit iets binne jou wakker wat jou help om meer te word as wat jy sou wees daarsonder.


Jeremia 29:11 sê: “‘Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!” God se droom vir jou is persoonlik. Net jy kan die doelgerigte lewe leef wat Hy vir jou beplan het. Sy droom vir jou is positief. Dit sal vir jou hoop gee!


Hoe vind jy God se droom vir jou lewe?


Jy moet gewillig wees om jou lewe aan God toe te wy, om vooruit jouself te verbind aan wat God vir jou sê om te doen.


“En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Romeine 12:1-2).


Meeste mense mis God se droom vir hulle, omdat hulle nie na God soek nie, maar hulle kyk wat almal anders doen. Om te probeer om soos iemand anders te wees, gaan jy net 'n kopie wees en nie word wie God jóú gemaak het om te wees nie. Jy moet meer fokus op God se droom vir jou as die wêreld se droom.


Die wêreld se droom en God se droom is baie verskillend. Die wêreld se droom was voorheen redelik bekostigbaar en maklik. Vandag is die wêreld se droom allesverterend. Dit vereis beide die man en sy vrou se insette net om te probeer bybly. Hierdie mededingende lewe word jou hele fokus.


As jy ernstig is om God se droom vir jou lewe te ontdek, moet jy besluit om nie te skik vir die wêreld se droom nie. Gaan jy die goeie lewe kies, of God se lewe? Materialisme of bediening? Die mededingende lewe of God se lewe?


“Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop” (Hebreërs 12:1).


Verbind jouself tot God se droom vir jou lewe en moenie jouself bekommer om soos enigiemand anders te wees nie.


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid