Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 7 VAN 19

Ses Stappe om Bybelse Besluite te Neem


God het vir Moses die droom gegee om die kinders van Israel uit 400 jaar se slawerny te lei, maar Moses moes die besluit neem om met Farao te gaan praat. God het vir Noag die droom gegee om die wêreld teen die vloed te red, maar Noag moes besluit om die ark te bou. God het vir Abraham die droom gegee om die vader van baie nasies te word, maar Abraham moes die besluit neem om alles agter te laat en die onbekende pad aan te pak.


Net soos hierdie mense, sal jy nooit God se droom vir jou lewe ontdek totdat jy die besluit fase bereik en in geloof die eerste tree neem nie.


Daar is altyd 'n plan om Bybelse besluite te neem, of dit is oor jou beroep, huwelik, finansies, gesondheid of kinders.


1. Bid vir leiding. Voordat jy enigiets doen, vra vir God se wysheid. “Wie op homself vertrou, is 'n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig” (Spreuke 28:26).


2. Kry die feite. Daar is nie teenstrydigheid tussen geloof en feite nie. Kry al die inligting, voordat jy jou besluit kan neem. Spreuke 13:16 sê: “Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen; wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.”


3. Vra raad. Praat met iemand wat 'n soortgelyke besluit moes neem en ook met vriende wat jou swakhede ken. “Jy maak oorlog ná beraadslaging, en die oorwinning kom deur baie raadgewers” (Spreuke 24:6).


4. Bereken die koste. Elke besluit verg iets van jou: jou tyd, geld, energie, reputasie, talente of hulpbronne. Spreuke 20:25 sê: “Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy en agterna eers besef wat jy belowe het.” Wanneer mense by jou aandring om 'n besluit te neem, kan jy met rustigheid vir hulle sê: “Ek sal later met my antwoord terug kom na jou toe.” Dis belangriker om 'n wyse besluit te neem as 'n haastige een.


5. Wees voorbereid op probleme. Verwag die beste in geloof. Verwag dat God in jou lewe gaan werk. Jy moet ook vir die probleme voorberei wat deel vorm van elke keuse. In Spreuke 22:3 sê Salomo: “'n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit; onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.”


6. Weerstaan jou vrese. Potensiaal word verlam deur perfeksionisme. God gebruik nog altyd onperfekte mense in onperfekte situasies om sy wil te doen. Prediker 11:4 sê: “Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.” Jy moet op God vertrou en aan die gang kom, ten spyte van jou probleme, vrese en twyfel.


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid