Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 8 VAN 19

Vier Besluite Wat Jou Toekoms Bepaal


In Dr. Seuss se gedig: “The Zode in the Road” kom 'n jong "Zode" tot by 'n kruispad, en hy neem 'n redelike tyd om te besluit waarheen om te gaan. Hy dink daaraan dat die een plek te warm kan wees en die ander te koud, die een plek te hoog en die ander plek te laag. Na 'n lang tyd van onsekerheid besluit die "Zode" om terselftertyd na altwee plekke gelyk te gaan.


Dit beteken natuurlik dat die "Zode" stilgestaan het en nêrens gegaan het nie.


Wat is die besluit wat jy moet neem? Ek dring daarop aan dat jy iets besonders met jou lewe doen vir Jesus. Moenie soos die "Zode" wees nie. Moenie jou lewe vermors nie. Moenie 'n afgewaterde lewe lei nie. Moenie net bestaan nie! Neem die besluit wat jou lotsbestemming sal bepaal.


Daar is vier besluite wat elke persoon moet neem wat jou lewe verander:


1. Om jou lewe aan Christus te gee en deel te word van sy familie. Waarvoor wag jy as jy dit nog nie gedoen het nie? Om nie te besluit nie, is om te besluit.


2. Om jouself toe te wy aan die gewoontes wat jou geestelik help groei. Moenie 'n louwarm, oppervlakkige Christen wees nie. Wees die dryfkrag. Wees alles wat God wil hê jy moet wees.


3. Om jou talente, gawes, vaardighede en ondervinding te gebruik om God en ander te dien. Sommige van julle is slegs toeskouers, dis tyd om te begin deelneem.


4. Om Jesus Christus met ander te deel. Jy moet die boodskap van die goeie nuus oordra sodrá jy dit ken, sodat ander dit ook kan hoor.


“So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jakobus 1:7-8).


Dis jou keuse!


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid