Leesplan inligting

God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 6 VAN 30

HERE VAN DIE LEËRSKARE


Psalm 24:10


O God, U is die Here van die leërskare, die Owerste van die leërs engele! Hemelse en heilige God, deur geloof, verkies ek om in U — en ook in alle dinge van U — te glo — dinge wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en wat nie in die hart van 'n mens opgekom het nie. Ek glo alles wat U voorberei het vir diegene wat U liefhet! U engele maak deel uit van u goddelike koninkryk, verlede, hede en toekoms; O God van hemel en aarde, u verborgenhede is wonderlik vir my! Ek kan nie die hemelse wesens of hul waens van vuur sien nie; maar ek weet dat U, u engele bevel gee om 'n laer op te slaan rondom diegene wat u Naam eerbiedig. Ek kan ook nie die aanraking voel van engele se vlerke wat my omring nie, maar ek glo dat U aan hulle 'n bevel aangaande my gegee het, om my op al my weë te bewaar. Ek kan ook nie hul weergalose melodieë hoor nie; maar ek weet, o Here van die leërskare, hulle aanbid U die hele dag deur. Hoor ook my hart sing, "Eer aan God in die hoogste! U is lofwaardig! Loof die Here! Loof die Here van die hemele; prys Hom in die hoogtes! Prys Hom, al sy engele; sy leërskare, loof Hom!" Ja, solank as wat ek asem het, sal ek ook die Here prys!

© Chris Baxter 2014 -  Clear Day Uitgewers


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "Die hartklop van God." Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O God, U is...". Dan word Sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O God, U is goed") ontvou....

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid