Leesplan inligting

God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 7 VAN 30

VOLMAAKTE EEN

Matteus 5:48

O God, U is die Volmaakte Een ... volmaak in krag, volmaak in skoonheid, volmaak in vrede, volmaak in geregtigheid, volmaak in liefde. Hemelse Vader, vra U my om volmaak te wees? Hoe kan ek selfs naastenby soos U wees? Is daar enige hoop vir die hart van die mens, wat meer bedrieglik as enigiets anders is en ongeneeslik? O God, U ken ons omstandighede en sien ons lot. Tog sê U aan ons elkeen se hart: Kyk, my hand is nie te kort dat dit nie kan red nie. Ook is my oor nie te doof dat dit kan nie hoor nie. Maar jou ongeregtighede het 'n skeiding tussen jou en My gemaak, en jou sondes het My aangesig van jou verberg. O God, hier is my sonde. O God, neem asseblief my sonde weg! Ek prys U, Vader, vir u volmaakte oplossing vir die bedorwe hart van die mens. Aanskou die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dankie, Jesus, dat U die Een wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is, gekom het om my siel te verlos! U kosbare bloed bedek my! En net omdat U in my woon kan ek volmaak wees, om U in krag, in skoonheid, in vrede, in geregtigheid en in liefde te weerspieël.

© Chris Baxter 2014 Ð Clear Day Uitgewers


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "Die hartklop van God." Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O God, U is...". Dan word Sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O God, U is goed") ontvou....

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid