Jesus

Jesus

'n Dokumentêre drama oor die lewe van Jesus Christus, die "JESUS" rolprent, is sedert die vrystelling daarvan in 1979, in meer as 1 400 tale vertaal. Dit bly nog steeds die rolprent in die geskiedenis wat die meeste vertaal en gekyk is. Pastoor Rick Warren, die skrywer van "'n Doelgerigte Lewe" sê: "Die 'JESUS' rolprent is die effektiefste evangeliese gereedskapstuk wat nog ooit gemaak is." Meer as 450 godsdiensleiers en -geleerdes het die teks nagegaan om seker te maak dat die historiese en Bybelse feite korrek uitgebeeld word. Die teks is op die evangelie van Lukas gebaseer. Omtrent elke woord wat Jesus sê kom uit die Bybelteks. Nougesette pogings is aangewend om die eg Joodse en Romeinse kultuur van bykans 2 000 jaar gelede getrou uit te beeld. Klere is met die hand geweef en slegs 35 kleure van destyds is gebruik. Klei artikels is volgens die eerste eeu se metodes gemaak. Telefoonpale en -drade is van die toneel verwyder. JESUS, die rolprent, is in 1979 in sy geheel op 202 plekke regdeur Israel verfilm. Meer as 5 000 Israeliete en Arabiere is as akteurs gebruik. Indien dit moontlik was, is die verskillende tonele op die presiese plek verfilm waar die spesifieke gebeurtenis 2 000 jaar gelede plaasgevind het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid