Soekresultate vir: Psalms 34:4-5

PSALMS 7:2 (AFR83)

By U soek ek beskerming, Here my God. Help my, red my van almal wat my vervolg,

PSALMS 7:5 (AFR83)

as ek 'n vriend van my kwaad aangedoen het, as ek 'n teëstander van my sommer goedsmoeds kaalgestroop het,

PSALMS 7:13 (AFR83)

Hy maak sy swaard elke keer weer skerp, Hy span sy boog en lê aan.

PSALMS 7:15 (AFR83)

Die skuldige is soos iemand wat swanger geraak het van onreg, swanger is van kwaad en leuens voortbring.

PSALMS 2:5 (AFR83)

Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:

PSALMS 2:10 (AFR83)

Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde!

PSALMS 3:2 (AFR83)

Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my.

PSALMS 4:8 (AFR83)

U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.

PSALMS 5:8 (AFR83)

Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan en in u heilige tempel buig met die eerbied wat aan U verskuldig is.

PSALMS 5:12 (AFR83)

Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.

PSALMS 5:13 (AFR83)

U laat dit goed gaan met die regverdige, Here, u goedheid beskerm hom soos 'n skild.

PSALMS 6:2 (AFR83)

Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here, en my in u gramskap tugtig nie.

PSALMS 6:3 (AFR83)

Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer.

PSALMS 6:6 (AFR83)

Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie. Kan iemand in die doderyk U prys?

PSALMS 6:8 (AFR83)

My oë het dof geword van verdriet, verswak deur wat my teëstanders my aandoen.

PSALMS 6:11 (AFR83)

Al my vyande sal beskaamd daarvan afkom, hulle sal verslae staan; in 'n oogwink sal hulle beskaamd moet padgee.

PSALMS 7:1 (AFR83)

'n Klaaglied van Dawid wat hy vir die Here gesing het na aanleiding van die dade van Kus, 'n Benjaminiet.

PSALMS 7:8 (AFR83)

Laat al die volke rondom U kom staan; neem hoog bo hulle u plek in op u regterstoel!

PSALMS 7:17 (AFR83)

Sy boosheid tref homself, en die geweld wat hy beplan het, kom op sy eie kop af.

PSALMS 8:5 (AFR83)

wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

PSALMS 8:9 (AFR83)

die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

PSALMS 9:1 (AFR83)

Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid.

PSALMS 9:4 (AFR83)

Toe U verskyn het, het my vyande gevlug, hulle het gestruikel en omgekom.

PSALMS 9:8 (AFR83)

Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak.

PSALMS 9:11 (AFR83)

Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid