Soekresultate vir: daniel 3:20:30

DANIËL 3:20 (AFR83)

Daarna het hy van die sterkste manne in sy lyfwag beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die brandende oond te gooi.

DANIËL 3:21 (AFR83)

Hulle is toe vasgebind en sommer met hulle hemde, broeke en kopdoeke, met al hulle klere, in die brandende oond gegooi.

DANIËL 3:22 (AFR83)

Omdat die koning se opdrag so streng was, was die oond so verskriklik warm dat die manne wat vir Sadrag, Mesag en Abednego moes ingooi, deur die vlamme doodgebrand is.

DANIËL 3:23 (AFR83)

Maar die drie manne, Sadrag, Mesag en Abednego, het vasgebind binne-in die brandende oond geval.

DANIËL 3:24 (AFR83)

Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?” En hulle sê vir hom: “Dit is so, U Majesteit!”

DANIËL 3:25 (AFR83)

Hy sê toe: “Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos 'n hemelwese!”

DANIËL 3:26 (AFR83)

Toe het Nebukadnesar na die bek van die brandende oond toe gekom en geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van die allerhoogste God, kom uit hierheen!” En Sadrag, Mesag en Abednego het uit die oond uitgekom.

DANIËL 3:27 (AFR83)

Toe die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs en die raadgewers van die koning nader kom, sien hulle aan die manne dat die vuur niks aan hulle liggame kon doen nie, dat hulle hare op hulle koppe nie eens geskroei was nie en dat hulle klere niks makeer nie; jy kon nie eens ruik dat hulle in die vuur was nie.

DANIËL 3:28 (AFR83)

Toe sê Nebukadnesar: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid.

DANIËL 3:29 (AFR83)

Daarom vaardig ek 'n bevel uit dat enige persoon, van watter volk, nasie of taalgroep hy ook is, wat met minagting praat oor die God van Sadrag, Mesag en Abednego, in stukke gekap moet word en dat sy huis 'n puinhoop gemaak moet word. Daar is immers geen ander god wat in staat is om so te red nie.”

DANIËL 3:30 (AFR83)

Die koning het toe gesorg dat dit voorspoedig gaan met Sadrag, Mesag en Abednego in die provinsie Babel.

ESEGIËL 20:30 (AFR83)

“Sê vir Israel: So sê die Here my God: Julle het julle verontreinig op dieselfde wyse as julle voorvaders en julle het in julle ontrou aan My hulle afstootlike afgode gedien.

JOHANNES 20:30 (AFR83)

Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen.

1 KONINGS 20:30 (AFR83)

Die res het die stad Afek in gevlug en die stadsmuur het op hulle omgeval. Hulle was sewe en twintig duisend man. Ben-Hadad het ook die stad in gevlug en daar van kamer tot kamer weggekruip.

SPREUKE 20:30 (AFR83)

'n Pak slae laat 'n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad.

RIGTERS 20:30 (AFR83)

Op die derde dag het die ander Israeliete teen Benjamin opgeruk en die manskappe regoor Gibea ontplooi soos die vorige kere.

HANDELINGE 20:30 (AFR83)

Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei.

1 SAMUEL 20:30 (AFR83)

Toe het Saul hom bloedig vererg vir Jonatan en gesê: “Jou rebelse ellendeling! Jy verkies mos die seun van Isai tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het.

MATTEUS 20:30 (AFR83)

Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!”

2 KRONIEKE 20:30 (AFR83)

Die heerskappy van Josafat het rustig voortgegaan, en sy God het hom na alle kante toe rus gegee.

LUKAS 20:30 (AFR83)

Ook die tweede

DANIËL 11:30 (AFR83)

Skepe van die westelike kuslande sal teen hom optrek en hy sal skrik en omspring. Dan sal hy sy woede kom koel op die gewyde verbondsvolk deur die raad te volg van dié wat afvallig geword het van die gewyde verbondsvolk.

DANIËL 11:31 (AFR83)

Van die koning se troepe sal die heiligdom en die vesting ontheilig. Hulle sal die daaglikse offer afskaf en 'n ding oprig wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig.

DANIËL 1:10 (AFR83)

Maar hy het vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal wat julle moet eet en drink en as hy sien julle voorkoms is nie so goed soos dié van die ander jongmanne van julle ouderdom nie, is ek oor julle in die moeilikheid by hom.”

DANIËL 1:14 (AFR83)

Die amptenaar het toe hulle versoek toegestaan en tien dae lank 'n proefneming met hulle gemaak.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid