Soekresultate vir: Spreuke 31:25

SPREUKE 31:10 (AFR83)

'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

SPREUKE 31:12 (AFR83)

Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

SPREUKE 31:16 (AFR83)

Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

SPREUKE 31:18 (AFR83)

Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.

SPREUKE 31:19 (AFR83)

Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.

SPREUKE 31:30 (AFR83)

Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

SPREUKE 25:3 (AFR83)

Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem, so kan konings se gedagtes ook nie gepeil word nie.

SPREUKE 25:5 (AFR83)

As jy die goddeloses by die koning wegvat, kan hy regverdig bly regeer.

SPREUKE 25:20 (AFR83)

Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag, of asyn op bytsoda, so is iemand wat vir jou liedjies sing as jy treurig voel.

SPREUKE 25:21 (AFR83)

As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink.

SPREUKE 25:22 (AFR83)

Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.

SPREUKE 25:23 (AFR83)

Die noordewind bring reën, en agteraf-praat maak mense kwaad.

SPREUKE 25:7 (AFR83)

Dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom op hiernatoe!” as dat hy jou laat plek maak vir die vername mense. As jy iets gesien het,

SPREUKE 25:8 (AFR83)

moenie te haastig teen jou buurman 'n klag indien nie; wat sal jy agterna doen as hy jou belaglik maak?

SPREUKE 25:15 (AFR83)

Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word; met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek.

SPREUKE 25:17 (AFR83)

Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie.

SPREUKE 25:25 (AFR83)

Koue water vir 'n moeë mens se dors, so is 'n goeie berig uit 'n ver land.

SPREUKE 25:26 (AFR83)

'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose.

SPREUKE 25:27 (AFR83)

Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie.

SPREUKE 25:6 (AFR83)

Moet jou nie vernaam aanstel by die koning en op die plek vir hoë mense gaan staan nie.

SPREUKE 25:14 (AFR83)

Miswolke en wind, maar geen reën nie, so is iemand wat spog met wat hy sal gee en dit nooit gee nie.

SPREUKE 25:1 (AFR83)

Die volgende is ook spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit opgeteken.

SPREUKE 25:9 (AFR83)

As jy 'n saak teen jou buurman het, moenie sê wat iemand jou vertroulik meegedeel het nie:

SPREUKE 25:13 (AFR83)

Soos die verkoeling wat in die oestyd deur sneeu gebring word, so is 'n betroubare gesant vir dié wat hom gestuur het; hy gee dié in wie se diens hy staan, nuwe moed.

SPREUKE 25:16 (AFR83)

As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het; as jy te veel eet, word jy naar.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid