Soekresultate vir: Matteus 8:23-27

MATTEUS 8:23 (AFR83)

Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.

MATTEUS 8:24 (AFR83)

Skielik het daar 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap.

MATTEUS 8:25 (AFR83)

Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!”

MATTEUS 8:26 (AFR83)

Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword.

MATTEUS 8:27 (AFR83)

Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”

MATTEUS 23:27 (AFR83)

“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

MATTEUS 27:23 (AFR83)

Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!”

MATTEUS 27:8 (AFR83)

Daardie stuk grond word tot vandag toe nog Bloedgrond genoem.

MATTEUS 23:8 (AFR83)

“Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers.

MATTEUS 1:7 (AFR83)

Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa;

MATTEUS 1:13 (AFR83)

Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor;

MATTEUS 1:21 (AFR83)

Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTEUS 1:23 (AFR83)

“Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.

MATTEUS 2:2 (AFR83)

en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”

MATTEUS 2:9 (AFR83)

Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was.

MATTEUS 1:9 (AFR83)

Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia;

MATTEUS 1:11 (AFR83)

Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.

MATTEUS 1:14 (AFR83)

Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud;

MATTEUS 1:6 (AFR83)

Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija;

MATTEUS 1:18 (AFR83)

Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.

MATTEUS 1:22 (AFR83)

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:

MATTEUS 2:5 (AFR83)

Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe:

MATTEUS 2:10 (AFR83)

Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly.

MATTEUS 2:12 (AFR83)

En omdat God hulle in 'n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

MATTEUS 2:16 (AFR83)

Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid