Soekresultate vir: Markus 4:35-41

MARKUS 2:5 (AFR83)

Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, jou sondes word vergewe!”

MARKUS 2:7 (AFR83)

“Waarom sê hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?”

MARKUS 3:1 (AFR83)

Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan. Daar was 'n man met 'n gebreklike hand.

MARKUS 5:31 (AFR83)

Sy dissipels het Hom geantwoord: “U sien tog dat die mense van alle kante af teen U druk, en dan vra U nog: Wie het aan My geraak?”

MARKUS 5:32 (AFR83)

Hy het rondom Hom gekyk om te sien wie dit gedoen het.

MARKUS 6:4 (AFR83)

Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.”

MARKUS 6:8 (AFR83)

Verder het Hy hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te vat nie, net 'n kierie – geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie.

MARKUS 6:18 (AFR83)

en Johannes het vir hom gesê: “U mag nie u broer se vrou vat nie.”

MARKUS 6:20 (AFR83)

want Herodes was bang vir Johannes omdat hy besef het dat hy 'n opregte en godvresende man is. Hy het vir Johannes onder sy beskerming geneem en elke keer wanneer hy hom aangehoor het, het hy in 'n ernstige tweestryd geraak. Tog het hy graag na hom geluister.

MARKUS 6:21 (AFR83)

Op 'n dag het Herodias 'n goeie kans gekry. Toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy hoofamptenare en die opperbevelhebbers en die hoëlui van Galilea 'n feesmaal gegee het,

MARKUS 6:22 (AFR83)

het die dogter van Herodias daar ingekom en vir hulle gedans. Dit het groot byval by Herodes en sy gaste gevind. Die koning het toe vir die meisie gesê: “Vra my net wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee.”

MARKUS 6:31 (AFR83)

Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.”

MARKUS 6:37 (AFR83)

Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Hulle antwoord Hom: “Moet ons met twee honderd mense se dagloon brood gaan koop om vir hulle iets te ete te gee?”

MARKUS 6:43 (AFR83)

Hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood en die vis.

MARKUS 6:45 (AFR83)

Net daarna het Jesus sy dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur.

MARKUS 6:56 (AFR83)

Waar Hy ook al in dorpe of stede of op plase gekom het, het die mense die siekes op die bymekaarkomplekke neergesit en Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; en almal wat aan Hom geraak het, het gesond geword.

MARKUS 7:12 (AFR83)

En so laat julle hom toe om hoegenaamd niks vir sy pa of sy ma te doen nie.

MARKUS 7:15 (AFR83)

Niks wat van buite af in 'n mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat uit 'n mens uitkom, dít maak hom onrein.”

MARKUS 7:20 (AFR83)

“Maar,” het Hy verder gesê, “wat van binne af uit 'n mens kom, dít maak 'n mens onrein.

MARKUS 7:21 (AFR83)

Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord,

MARKUS 7:22 (AFR83)

owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid.

MARKUS 8:5 (AFR83)

Hy vra hulle toe: “Hoeveel brood het julle?” “Sewe,” antwoord hulle.

MARKUS 8:6 (AFR83)

Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te gaan sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee om uit te deel, en hulle het dit aan die mense voorgesit.

MARKUS 8:20 (AFR83)

“En sewe brode vir die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukke het julle toe oorgehou?” “Sewe,” sê hulle vir Hom.

MARKUS 8:32 (AFR83)

Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid