Soekresultate vir: Markus 4:35-41

MARKUS 2:22 (AFR83)

“Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.”

MARKUS 2:25 (AFR83)

Hy sê vir hulle: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het?

MARKUS 1:3 (AFR83)

Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. ”

MARKUS 1:5 (AFR83)

Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaanrivier gedoop.

MARKUS 1:11 (AFR83)

Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

MARKUS 1:15 (AFR83)

Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”

MARKUS 1:16 (AFR83)

Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.

MARKUS 1:21 (AFR83)

Hulle het in Kapernaum gekom. Toe die sabbatdag aanbreek, het Jesus reguit na die sinagoge toe gegaan en die mense daar begin leer.

MARKUS 1:29 (AFR83)

Toe die mense uit die sinagoge kom, het hulle saam met Jakobus en Johannes reguit na die huis van Simon en Andreas toe gegaan.

MARKUS 1:34 (AFR83)

Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is.

MARKUS 2:3 (AFR83)

Daar kom toe mense wat 'n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom gedra.

MARKUS 2:6 (AFR83)

Maar sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en hulle afgevra:

MARKUS 2:12 (AFR83)

Hy het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat en voor die oë van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas en het hulle God geprys en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”

MARKUS 2:20 (AFR83)

Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dan, op daardie dag, sal hulle vas.

MARKUS 2:23 (AFR83)

Eenkeer toe Jesus op 'n sabbatdag tussen gesaaides deur loop, het sy dissipels so in die loop are begin afpluk.

MARKUS 2:24 (AFR83)

Die Fariseërs sê toe vir Hom: “Kyk daar! Waarom doen hulle iets wat nie op die sabbatdag gedoen mag word nie?”

MARKUS 3:5 (AFR83)

Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!” Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond.

MARKUS 3:6 (AFR83)

Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane 'n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.

MARKUS 3:12 (AFR83)

Maar Hy het hulle baie uitdruklik belet om bekend te maak wie Hy is.

MARKUS 3:16 (AFR83)

Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het,

MARKUS 3:17 (AFR83)

Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder” –

MARKUS 3:19 (AFR83)

en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.

MARKUS 3:24 (AFR83)

As 'n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;

MARKUS 3:27 (AFR83)

“Bowendien kan niemand in 'n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.

MARKUS 3:28 (AFR83)

“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid