Soekresultate vir: Jesaja 64:6

JESAJA 61:6 (AFR83)

Julle sal genoem word: Priesters van die Here, Dienaars van ons God. Julle sal van die rykdom van die nasies geniet, die trotse eienaars word van hulle besittings.

JESAJA 62:6 (AFR83)

Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie.

JESAJA 65:6 (AFR83)

By My staan dit vas: Ek gaan ingryp, Ek gaan hulle straf, Ek gaan hulle straf volgens wat hulle verdien.

JESAJA 66:6 (AFR83)

hoor die rumoer daar in die stad, hoor daar in die tempel, hoor hoe die Here sy vyande straf oor hulle dade.

JESAJA 42:6 (AFR83)

Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou my verbond met my volk, my lig vir die nasies.

JESAJA 49:6 (AFR83)

Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou 'n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.

JESAJA 54:6 (AFR83)

Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.

JESAJA 55:6 (AFR83)

Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

JESAJA 56:6 (AFR83)

Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluit om My te dien, om my Naam lief te hê, en om my dienaars te wees, almal wat my sabbatte onderhou en dit nie ontheilig nie, en wat lewe volgens my verbond,

JESAJA 32:6 (AFR83)

'n Dwaas laster teen God, sy gedagtes is net met sonde besig; wat hy doen, wys dat hy ver van die Here af leef, wat hy vir die Here sê, is vals. So iemand laat 'n honger mens honger bly en weier om 'n dors mens water te gee.

JESAJA 43:6 (AFR83)

Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af,

JESAJA 44:6 (AFR83)

So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

JESAJA 46:6 (AFR83)

Mense gooi goud uit hulle geldsak uit en weeg silwer op 'n skaal af; hulle huur 'n goudsmid, en hy maak daarvan 'n afgodsbeeld. Dan buig hulle voor hom en aanbid hom.

JESAJA 47:6 (AFR83)

Ek was kwaad vir my volk, Ek het hulle nie meer as my besitting beskou nie; daarom het Ek hulle in jou mag oorgegee. Maar jy het nie met hulle medelye gehad nie; selfs op die oumense het jy 'n swaar juk gelê.

JESAJA 48:6 (AFR83)

Julle het dit alles gehoor, julle kon dit alles self sien, sal julle dan nie daarvan getuig nie? Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor, dinge wat verborge was, waarvan julle niks geweet het nie.

JESAJA 50:6 (AFR83)

Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie.

JESAJA 51:6 (AFR83)

Kyk op na die hemel, kyk na die aarde hier onder: die hemel sal soos rook verdwyn, die aarde sal word soos ou klere, en almal wat daarop woon, sal doodgaan soos muggies, maar die verlossing wat Ek bewerk, sal vir altyd wees, die redding wat Ek bring, sal altyd bly.

JESAJA 7:6 (AFR83)

Hulle het vir mekaar gesê: Kom ons val Juda aan en oorrompel hom. Dan verdeel ons die land onder ons en ons maak die seun van Tabeal koning van Juda.

JESAJA 8:6 (AFR83)

“Omdat hierdie volk Siloag se kalm waters verwerp het en bang geword het vir Resin en vir Peka seun van Remalja,

JESAJA 9:6 (AFR83)

Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

JESAJA 31:6 (AFR83)

Israeliete, bekeer julle tot Hom van wie julle so ver verwyder geraak het.

JESAJA 20:6 (AFR83)

Daardie dag sal die inwoners van die kuslande sê: “Kyk wat het gebeur met die mense op wie ons vertrou het, na wie toe ons gehardloop het om ons teen die koning van Assirië te help en ons uit sy mag te red. Hoe sal ons nou vrykom?”

JESAJA 26:6 (AFR83)

Hulle sal onder die voete vertrap word, onder die voete van onderdruktes; die armes sal op hulle trap.

JESAJA 28:6 (AFR83)

Hy sal aan dié wat reg moet spreek, 'n sin vir reg gee, Hy sal krag gee aan dié wat die aanval moet afslaan by die stadspoorte.

JESAJA 29:6 (AFR83)

sal die Here die Almagtige Hom oor jou ontferm met donderslae en aardbewings, met 'n magtige dreuning, met storms en orkane, met verterende vuur.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid