Soekresultate vir: Jesaja 64:6

PSALMS 64:6 (AFR83)

Hulle smee bose planne en kom ooreen om strikke te stel. Hulle dink niemand sien hulle nie.

JOHANNES 6:64 (AFR83)

Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai.

1 KRONIEKE 6:64 (AFR83)

Die Israeliete het vir die Leviete die stede saam met hulle weivelde gegee.

JESAJA 2:6 (AFR83)

U het u volk Jakob verstoot: hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste, beoefen towery soos die Filistyne en hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;

JESAJA 3:6 (AFR83)

As iemand sy broer in die ouerhuis pak en sê: “Jy het darem nog behoorlike klere, wees ons leier en regeer oor hierdie vervalle spul,”

JESAJA 5:6 (AFR83)

Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.

JESAJA 1:6 (AFR83)

Van kop tot tone is daar nie een plek heel nie: dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde! Hulle is nie skoongemaak of verbind of met salf behandel nie.

JESAJA 19:6 (AFR83)

Die kanale sal stink, Egipte se waterstrome sal sak en opdroog. Die riete en biesies sal verdroog,

JESAJA 15:6 (AFR83)

Die water van Nimrim het opgedroog, die gras het verdor, die plante het verdwyn, daar is geen groenigheid meer nie.

JESAJA 27:6 (AFR83)

In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal groei en lote maak. Die aarde sal vol word van hulle vrugte.

JESAJA 33:6 (AFR83)

Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. Die kosbare besitting wat werklik kan help, is wysheid en kennis; die rykdom waarop Sion hom kan verlaat, is die diens van die Here.

JESAJA 34:6 (AFR83)

Die swaard van die Here is vol bloed en drup van die vet: die bloed van lammers en bokramme, die niervet van skaapramme. Die Here hou 'n offerfees in Bosra, Hy rig 'n groot slagting aan in Edom.

JESAJA 35:6 (AFR83)

lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld.

JESAJA 41:6 (AFR83)

hulle help mekaar en praat mekaar moed in.

JESAJA 63:6 (AFR83)

Ek het volke getrap in my toorn, Ek het hulle laat steier deur my woede, Ek het hulle bloed oor die grond laat vloei.

JESAJA 4:6 (AFR83)

Daar sal 'n skuiling wees, 'n skaduwee teen die hitte bedags, 'n skuilplek en toevlug teen stortbuie en reën.

JESAJA 11:6 (AFR83)

Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg.

JESAJA 38:6 (AFR83)

en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm.

JESAJA 45:6 (AFR83)

Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie.

JESAJA 52:6 (AFR83)

Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek!

JESAJA 53:6 (AFR83)

Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

JESAJA 57:6 (AFR83)

Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte, daar soek julle julle deel. Vir hulle bring julle drankoffers en offer julle graanoffers. Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?

JESAJA 58:6 (AFR83)

Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?

JESAJA 59:6 (AFR83)

Hulle spinnedrade deug nie vir klere nie, hulle kan hulle nie toemaak met wat hulle gemaak het nie; hulle dade is misdade, hulle pleeg net geweld.

JESAJA 60:6 (AFR83)

Jou land sal vol kamele wees, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook en verkondig die lof van die Here.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid