Soekresultate vir: Hooglied 5:8

PREDIKER 5:8 (AFR83)

Maar dit is tot voordeel van 'n land in sy geheel dat almal aan die koning onderdanig is.

EKSODUS 5:8 (AFR83)

en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: ‘Ons wil vir ons God gaan offer.’

EFESIËRS 5:8 (AFR83)

Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.

RIGTERS 5:8 (AFR83)

Toe die volk nuwe gode vir hulle gekies het, het daar oorlog gekom, maar nie een uit Israel se duisende soldate het die wapen opgeneem nie.

LUKAS 5:8 (AFR83)

Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.”

SAGARIA 5:8 (AFR83)

Die engel het gesê: “Dit is die goddeloosheid!” Hy het haar teruggestamp in die mandjie en die looddeksel oor die bek toegeklap.

NEHEMIA 5:8 (AFR83)

en daar vir hulle gesê: “Ons het ons Judese volksgenote wat aan heidene verkoop was, teruggekoop sover dit vir ons moontlik was. Nou verkoop júlle julle volksgenote, en moet ons hulle ook uiteindelik terugkoop!” Die manne het stilgebly; ek kon nie 'n woord uit hulle kry nie.

JAKOBUS 5:8 (AFR83)

Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.

SPREUKE 5:8 (AFR83)

Bly weg van haar af, moenie naby haar huis se deur kom nie

GENESIS 5:8 (AFR83)

Set was dus 912 jaar toe hy gesterf het.

ESRA 5:8 (AFR83)

“Ons bring tot die koning se kennis dat ons na die provinsie Juda toe gegaan het en daar by 'n groot tempel uitgekom het. Dit word gebou van gekapte klip en die balke word al op die mure gelê. Die werk word met ywer gedoen en vorder vinnig.

ROMEINE 5:8 (AFR83)

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

GALASIËRS 5:8 (AFR83)

Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid.

JEREMIA 5:8 (AFR83)

Soos bronstige hingste het hulle geword, hulle runnik elkeen agter sy naaste se vrou aan.

DANIËL 5:8 (AFR83)

Al die koninklike raadgewers het ingekom, maar hulle was nie in staat om wat geskryf is, te lees en dit vir die koning uit te lê nie.

DEUTERONOMIUM 5:8 (AFR83)

“ ‘Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.

JOSUA 5:8 (AFR83)

Nadat die hele nasie klaar besny is, het hulle eers in die kamp gebly tot hulle gesond was.

MATTEUS 5:8 (AFR83)

Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

JOHANNES 5:8 (AFR83)

Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.”

ESTER 5:8 (AFR83)

as die koning my goedgesind is, en as die koning dit goedvind om aan my wens te voldoen en my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal berei. Dán sal ek my wens aan die koning bekend maak.”

HEBREËRS 5:8 (AFR83)

Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.

KLAAGLIEDERE 5:8 (AFR83)

Ondergeskiktes heers nou oor ons, en niemand kan ons uit hulle mag red nie.

HANDELINGE 5:8 (AFR83)

Petrus vra toe vir haar: “Sê vir my, het julle die grond vir soveel verkoop?” “Ja,” sê sy, “vir soveel.”

NUMERI 5:8 (AFR83)

As die benadeelde na sy dood geen familielid het aan wie die skuld betaal kan word nie, kom die bedrag die Here toe en moet dit aan 'n priester gegee word. Afgesien hiervan moet die skuldige nog die ram voorsien waarmee die priester vir die skuldige versoening moet doen.”

MARKUS 5:8 (AFR83)

want Jesus het vir hom gesê: “Onrein gees, gaan uit die man uit!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid