Soekresultate vir: Genesis 4

GENESIS 24:4 (AFR83)

jy moet na my land toe gaan, die land waar ek gebore is, en daar 'n vrou gaan haal vir my seun Isak.”

GENESIS 27:4 (AFR83)

Kom maak dit dan vir my lekker gaar soos ek daarvan hou en bring dit vir my dat ek dit kan eet en jou kan seën voor ek sterf.”

GENESIS 36:4 (AFR83)

Ada het vir Elifas in die wêreld gebring. Basemat het vir Reüel in die wêreld gebring

GENESIS 37:4 (AFR83)

Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle 'n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie.

GENESIS 41:4 (AFR83)

Toe vreet die lelike maer koeie die sewe mooi vettes op. Daarna het die farao wakker geskrik.

GENESIS 42:4 (AFR83)

Jakob het nie Josef se broer Benjamin saamgestuur nie, “want,” het hy gesê, “netnou gebeur daar iets met hom!”

GENESIS 31:4 (AFR83)

Toe laat Jakob vir Ragel en Lea veld toe roep, na sy kleinvee toe.

GENESIS 33:4 (AFR83)

Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels. Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil.

GENESIS 35:4 (AFR83)

Hulle het toe al die afgodsbeelde in hulle besit vir Jakob gegee en ook hulle oorringe. Hy het dit onder die groot boom by Sigem begrawe.

GENESIS 39:4 (AFR83)

was Potifar hom goedgesind. Hy het Potifar se persoonlike slaaf geword en Potifar het hom aangestel oor sy hele huishouding, en al sy besittings is onder Josef se sorg geplaas.

GENESIS 9:4 (AFR83)

Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.

GENESIS 23:4 (AFR83)

“Ek is 'n vreemdeling, 'n bywoner by julle. Gee vir my 'n vaste besitting as graf hier by julle sodat ek my vrou daarin kan begrawe.”

GENESIS 14:4 (AFR83)

Twaalf jaar was die gebied onderhorig aan Kedorlaomer, maar in die dertiende jaar het dit gerebelleer.

GENESIS 12:4 (AFR83)

Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het.

GENESIS 20:4 (AFR83)

Abimelek het nog nie met haar geslagsgemeenskap gehad nie en hy het gesê: “Here, sal U selfs 'n onskuldige nasie uitroei?

GENESIS 28:4 (AFR83)

Hy sal jou die seën laat toekom wat Hy aan Abraham gegee het: jy en jou nageslag sal die land waarin jy woon, as besitting ontvang, die land wat God aan Abraham gegee het.”

GENESIS 29:4 (AFR83)

Jakob het hulle gevra: “Van waar is julle, my vriende?” Hulle het geantwoord: “Ons is van Haran.”

GENESIS 7:4 (AFR83)

Oor sewe dae sal Ek dit veertig dae en nagte lank laat reën en alles wat leef, wat Ek gemaak het, wegvee van die aarde af.”

GENESIS 15:4 (AFR83)

Maar die woord van die Here het tot Abram gekom: “Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie. Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees.”

GENESIS 17:4 (AFR83)

“Dit is my verbond met jou: jy sal die vader wees van 'n menigte nasies;

GENESIS 18:4 (AFR83)

Laat ek eers 'n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom.

GENESIS 10:4 (AFR83)

Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.

GENESIS 19:4 (AFR83)

Voor hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel.

GENESIS 21:4 (AFR83)

Soos God vir Abraham beveel het, het hy vir Isak besny toe hy ag dae oud was.

GENESIS 8:4 (AFR83)

dat die ark op die sewentiende van die sewende maand op die Araratberge tot rus gekom het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid