Soekresultate vir: Genesis 4

GENESIS 4:24 (AFR83)

Kain sal sewe maal gewreek word, Lameg sewe en sewentig maal!”

GENESIS 16:4 (AFR83)

Hy het by Hagar gaan slaap, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag.

GENESIS 13:4 (AFR83)

die plek waar hy vroeër 'n altaar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.

GENESIS 22:4 (AFR83)

Op die derde dag het Abraham die plek uit die verte gesien.

GENESIS 25:4 (AFR83)

Die seuns van Midian was: Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Al hierdie mense het van Ketura afgestam.

GENESIS 26:4 (AFR83)

Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Ek sal hierdie hele wêreld aan jou nageslag gee, en al die nasies van die aarde sal in jou nageslag geseën wees,

GENESIS 46:4 (AFR83)

Ek gaan saam met jou Egipte toe, en Ek sal jou beslis weer hierheen laat terugkom. Wanneer jy sterf, sal Josef jou oë toedruk.”

GENESIS 49:4 (AFR83)

Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie, want soos stormwater was jy onstuimig: jy het jou vergryp aan 'n vrou van jou vader, jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het.

GENESIS 1:4 (AFR83)

God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.

GENESIS 2:4 (AFR83)

Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het,

GENESIS 5:4 (AFR83)

Nadat Set vir hom gebore is, het Adam nog 800 jaar geleef en seuns en dogters gehad.

GENESIS 6:4 (AFR83)

In daardie tyd was daar reuse op die aarde, en ook daarna wanneer die hemelwesens na die dogters van die mense toe gekom en kinders by hulle gehad het. Hulle was die sterk mense van die ou tyd, die manne van naam.

GENESIS 3:4 (AFR83)

Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie,

GENESIS 30:4 (AFR83)

Ragel het vir Bilha aan Jakob gegee as vrou en hy het met haar gemeenskap gehad.

GENESIS 32:4 (AFR83)

Jakob het vir hulle gesê: “So moet julle vir my geagte broer, vir Esau sê: So sê Jakob wat aan u onderdanig wil wees: Ek het tot nou toe by Laban gebly.

GENESIS 34:4 (AFR83)

Hy het vir sy pa, vir Gamor gesê: “Kry vir my daardie meisie as vrou.”

GENESIS 38:4 (AFR83)

Sy het weer swanger geword en nog 'n seun in die wêreld gebring en hom Onan genoem.

GENESIS 40:4 (AFR83)

Die hoof van die lyfwag het Josef vir hulle beskikbaar gestel: hy moes hulle bedien. Toe hulle al lank in die tronk was,

GENESIS 43:4 (AFR83)

As Pa instem en ons broer saam met ons stuur, sal ons vir Pa gaan kos koop.

GENESIS 44:4 (AFR83)

Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sê Josef vir sy hoofamptenaar: “Kom, sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte?

GENESIS 45:4 (AFR83)

Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.

GENESIS 47:4 (AFR83)

Verder het hulle vir die farao gesê: “Ons wil graag as vreemdelinge hier kom woon, want ons het nie meer weiding vir ons vee nie. Daar is 'n groot droogte in Kanaän. Laat ons toe om in Gosen te kom woon.”

GENESIS 48:4 (AFR83)

en vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en aan jou baie kinders gee. Ek sal jou nageslag baie volke laat word. Ek sal hierdie land aan jou nageslag gee om vir altyd te besit.’

GENESIS 50:4 (AFR83)

Toe hierdie routyd verby was, het Josef vir die amptenare van die farao gesê: “As julle my goedgesind is, praat dan tog met die farao en sê vir hom

GENESIS 11:4 (AFR83)

Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid