Soekresultate vir: Genesis 3:16

GENESIS 3:11 (AFR83)

Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?”

GENESIS 3:18 (AFR83)

die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet;

GENESIS 3:8 (AFR83)

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.

GENESIS 3:6 (AFR83)

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.

GENESIS 3:23 (AFR83)

Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.

GENESIS 3:21 (AFR83)

Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek.

GENESIS 3:5 (AFR83)

maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

GENESIS 3:7 (AFR83)

Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere.

GENESIS 3:22 (AFR83)

Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!”

GENESIS 3:3 (AFR83)

God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

GENESIS 3:4 (AFR83)

Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie,

GENESIS 3:9 (AFR83)

Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?”

GENESIS 3:24 (AFR83)

Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.

GENESIS 3:20 (AFR83)

Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.

GENESIS 3:2 (AFR83)

Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin.

GENESIS 15:16 (AFR83)

Die vierde geslag ná jou sal hiernatoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het.”

GENESIS 27:16 (AFR83)

Sy het die bokvelletjies om sy hande en om sy kaal nek vasgemaak

GENESIS 30:16 (AFR83)

Toe Jakob die aand van die veld af kom, gaan Lea hom tegemoet en sê vir hom: “Jy moet na my toe kom, want om jou te kry, het ek die volle prys betaal met die liefdesappels wat my seun gebring het.” Daardie nag het Jakob toe by haar geslaap.

GENESIS 23:16 (AFR83)

Toe het Abraham ingestem en die silwer vir Efron afgeweeg wat hy in die teenwoordigheid van die Hetiete genoem het: vier en 'n half kilogram silwer soos dit in die handel afgeweeg word.

GENESIS 44:16 (AFR83)

Juda het geantwoord: “Wat kan ons vir Meneer sê? Wat kan ons antwoord en hoe kan ons onsself verontskuldig? God het ons sonde aan die lig gebring. Hier is ons, ons is Meneer se slawe: ons almal, saam met hom by wie die beker gekry is.”

GENESIS 7:16 (AFR83)

Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gesê het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit.

GENESIS 9:16 (AFR83)

Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

GENESIS 1:16 (AFR83)

God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers, en ook die sterre.

GENESIS 8:16 (AFR83)

“Gaan uit die ark uit, jy en jou vrou en jou seuns en hulle vrouens,

GENESIS 32:16 (AFR83)

Hy het elke trop aan 'n slaaf gegee en gesê: “Trek vorentoe, maar hou 'n afstand tussen die troppe.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid