Soekresultate vir: Filippense 4:4-9

FILIPPENSE 2:4 (AFR83)

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

NEHEMIA 4:9 (AFR83)

Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit.

JOSUA 4:9 (AFR83)

Josua het ook twaalf klippe binne-in die Jordaan opgerig, op die plek waar die priesters gestaan het wat die verbondsark gedra het. Die klippe is vandag nog daar.

JAKOBUS 4:9 (AFR83)

Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid.

HOOGLIED 4:9 (AFR83)

“Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel in die ketting om jou hals.

RUT 4:9 (AFR83)

Hierop sê Boas vir die leiers en almal teenwoordig: “Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Elimelek en Kiljon en Maglon behoort het, van Naomi gekoop het en dat

EFESIËRS 4:9 (AFR83)

Hierdie uitdrukking: “Hy het opgevaar”, veronderstel tog dat Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe.

KOLOSSENSE 4:9 (AFR83)

Onesimus, die getroue medegelowige wat ek baie liefhet en wat een van julle is, gaan saam met hom. Hulle sal julle alles vertel van hoe dit hier gaan.

PSALMS 9:4 (AFR83)

Toe U verskyn het, het my vyande gevlug, hulle het gestruikel en omgekom.

JEREMIA 4:9 (AFR83)

Daardie dag, sê die Here, sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe, die priesters sal verslae staan en die profete sal nie weet waarheen nie.

DANIËL 4:9 (AFR83)

“Ek het vir hom gesê: Beltsasar, hoof van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen geheim vir jou onverklaarbaar is nie. Hier is nou my droom, lê dit vir my uit.

SAGARIA 9:4 (AFR83)

Nou gaan die Here alles vat wat die stad het, Hy gaan die mag breek wat die stad op see het, en die stad self sal afgebrand word.

PSALMS 4:9 (AFR83)

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.

HOSEA 4:9 (AFR83)

Maar dit sal met die priesters gaan soos dit nou met die volk gaan. Ek sal die priesters straf vir hulle optrede. Wat hulle probeer doen, sal Ek in die teendeel verander:

HEBREËRS 4:9 (AFR83)

Daar wag dus nog steeds 'n sabbatsrus vir die volk van God,

EKSODUS 4:9 (AFR83)

“As hulle jou ná hierdie twee wonderwerke nog nie glo nie en nie na jou luister nie, moet jy van die Nyl se water vat en op die grond uitgooi. Die water wat jy uit die Nyl gevat het, sal dan op die grond bloed word.”

RIGTERS 9:4 (AFR83)

Hulle het vir hom sowat een kilogram silwer uit Baäl-Berit se tempel gegee, en daarmee het Abimelek vir hom leeglêers gehuur om sy volgelinge te wees.

LUKAS 9:4 (AFR83)

En as julle in 'n huis tuis gaan, bly dan in dieselfde huis totdat julle die reis voortsit.

JONA 4:9 (AFR83)

Toe vra God vir Jona: “Het jy rede om kwaad te word oor die komkommerplant?” en Jona antwoord: “Ek het rede genoeg: ek is besig om te sterf!”

SAGARIA 4:9 (AFR83)

Serubbabel se hande het hierdie tempel se fondamente gelê, sý hande sal dit klaar bou. Dan sal julle weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het.

MATTEUS 4:9 (AFR83)

en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

MARKUS 4:9 (AFR83)

Verder het Hy gesê: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”

JOSUA 9:4 (AFR83)

het hulle 'n slim plan gemaak. Hulle het padkos ingepak; hulle het verslete saalsakke op hulle donkies saamgeneem en verslete wynsakke wat geskeur en weer toegewerk was;

NEHEMIA 9:4 (AFR83)

Die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog gaan staan en die Here hulle God hard om hulp aangeroep.

DEUTERONOMIUM 9:4 (AFR83)

“Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: ‘Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is’ nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid