Soekresultate vir: Esegiël 36: 34-35 .

ESEGIËL 5:7 (AFR83)

So sê die Here my God: “Julle het erger te kere gegaan as die nasies rondom julle toe julle nie volgens my voorskrifte en my bepalings geleef het nie; julle het nie eens volgens die gebruike van die nasies rondom julle geleef nie.

ESEGIËL 5:9 (AFR83)

Ek gaan oor al jou afskuwelike dade aan jou doen wat Ek nog nie gedoen het nie en nie weer sal doen nie.

ESEGIËL 1:8 (AFR83)

Onder hulle vlerke aan elk van die vier kante van elkeen was daar menshande. Al vier wesens het gesigte en vlerke gehad.

ESEGIËL 1:11 (AFR83)

Sy twee boonste vlerke was oopgesprei en het aan dié van die wesens weerskante geraak; met die twee ander vlerke het hy sy lyf bedek.

ESEGIËL 1:17 (AFR83)

hulle kon in die rigting van enige van hulle vier kante beweeg, maar hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie.

ESEGIËL 3:2 (AFR83)

Ek het my mond oopgemaak, en die Here het my die boekrol laat eet.

ESEGIËL 3:5 (AFR83)

Jy word nie gestuur na 'n volk wat 'n onverstaanbare, moeilike taal praat nie, maar na die mense van Israel toe,

ESEGIËL 3:10 (AFR83)

Hy het verder vir my gesê: “Mens, onthou alles wat Ek vir jou sê, luister goed daarna

ESEGIËL 3:12 (AFR83)

Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my die gedreun van 'n groot aardbewing en 'n stem: “Die hemel self moet die magtige verskyning van die Here loof!”

ESEGIËL 4:10 (AFR83)

Die kos wat jy elke dag moet eet, moet twee honderd en dertig gram weeg, en jy moet dit met tussenposes eet.

ESEGIËL 4:12 (AFR83)

Jy moet die kos gebruik in die vorm van brood en dit gaarmaak op die droë uitwerpsel van mense waar almal dit kan sien.

ESEGIËL 4:15 (AFR83)

Die Here het vir my gesê: “Jy kan dan maar jou kos gaarmaak op beesmis in plaas van op die uitwerpsel van mense.”

ESEGIËL 4:16 (AFR83)

Verder het Hy vir my gesê: “Mens, Ek gaan hongersnood bring in Jerusalem. Hulle sal brood volgens gewig eet en met kommer, hulle sal water volgens maat drink en met huiwering.

ESEGIËL 5:8 (AFR83)

“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou ook jou teenstander word, Jerusalem, Ek gaan jou straf voor die oë van die nasies.

ESEGIËL 5:15 (AFR83)

Die nasies rondom jou sal die spot met jou dryf en jou uitlag, jy sal dien as 'n waarskuwing en 'n afskrikmiddel vir hulle wanneer Ek jou in my toorn en in my woede straf en jou vir jou dade laat boet. Ek, die Here, sê dit.

ESEGIËL 6:3 (AFR83)

Jy moet sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here my God!” So sê die Here my God vir die berge, vir die heuwels, vir die klowe en vir die valleie: “Ek gaan oorlog oor julle bring, Ek gaan julle hoogtes vernietig,

ESEGIËL 1:15 (AFR83)

Terwyl ek so na die wesens kyk, sien ek 'n wiel op die grond langs elke wese met sy vier gesigte.

ESEGIËL 1:25 (AFR83)

Daar het 'n stem gekom van bokant die gewelf bo die wesens se koppe af. Hulle het hulle vlerke laat sak wanneer hulle tot stilstand kom.

ESEGIËL 3:4 (AFR83)

Toe sê Hy vir my: “Mens, gaan na die mense van Israel toe en sê vir hulle wat Ek sê.

ESEGIËL 3:22 (AFR83)

Die mag van die Here het my daar in besit geneem. Hy het vir my gesê: “Gaan na die vallei toe, Ek sal daar met jou praat.”

ESEGIËL 4:11 (AFR83)

Die water wat jy moet drink, moet afgemeet word: ses honderd en sewentien milliliter. Jy moet dit met tussenposes drink.

ESEGIËL 5:1 (AFR83)

“Mens, vat 'n skerp swaard en gebruik dit vir 'n skeermes en skeer af jou hare en jou baard. Vat dan 'n skaal en deel die hare in drie.

ESEGIËL 11:24 (AFR83)

Daarna het die Gees my opgetel en my teruggebring na die land van die Galdeërs toe, na die ballinge toe. Dit het gebeur in die gesig wat ek deur die Gees van God gesien het. Die gesig was toe verby.

ESEGIËL 12:14 (AFR83)

Almal by hom wat hom help, al sy soldate wat hom help, sal Ek in al die windrigtings verstrooi en hulle met die swaard agtervolg.

ESEGIËL 12:20 (AFR83)

Die stede wat bewoon is, sal puinhope word en die land sal verlate wees. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid