Soekresultate vir: Esegiël 36: 34-35 .

ESEGIËL 36:34 (AFR83)

Die kaalgestroopte land sal bewerk word in plaas daarvan dat dit kaal lê voor die oë van almal wat daar verbygaan.

ESEGIËL 36:35 (AFR83)

Hulle sal sê: ‘Dié land was verlate en nou is hy soos die tuin van Eden; die stede het in puin gelê, hulle was verlate en verwoes, en nou is hulle vestingstede met inwoners.’

ESEGIËL 1:4 (AFR83)

Ek het 'n gesig gesien. Daar het 'n storm uit die noorde gekom, 'n groot wolk. Vlamme het heen en weer geflits en daar was 'n helder skynsel om die wolk. Van binne uit, uit die vuur uit, het dit geblink soos gloeiende wit metaal.

ESEGIËL 1:19 (AFR83)

Wanneer die wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opgestyg het, het die wiele ook opgestyg.

ESEGIËL 1:21 (AFR83)

Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele; wanneer die wesens staan, staan die wiele; wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam op, want die wesens se gees was in die wiele.

ESEGIËL 2:3 (AFR83)

Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe, 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe.

ESEGIËL 1:6 (AFR83)

maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad.

ESEGIËL 1:7 (AFR83)

Hulle bene was reguit en hulle voete was soos beeskloue en het geblink soos koper wat opgevryf is.

ESEGIËL 1:9 (AFR83)

Die een se vlerke het aan die een langs hom s'n geraak. Die wesens het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie. Elkeen het reg vooruit beweeg.

ESEGIËL 1:1 (AFR83)

Op die vyfde van die vierde maand, in die dertigste jaar, was ek tussen die ballinge aan die Kebarrivier. Die hemel het oopgegaan en ek het gesigte gesien wat van God af kom.

ESEGIËL 1:2 (AFR83)

Dit was op die vyfde van die maand en dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin.

ESEGIËL 1:5 (AFR83)

Daaruit het vier wesens te voorskyn gekom. Hulle het 'n mensvormige voorkoms gehad,

ESEGIËL 1:18 (AFR83)

Die wiele was groot en indrukwekkend en al vier se vellings was rondom vol oë.

ESEGIËL 1:23 (AFR83)

Onderkant die gewelf het hulle vlerke gestrek, die een teen die ander, en elkeen het met twee vlerke sy lyf bedek.

ESEGIËL 1:27 (AFR83)

Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan boontoe, het dit vir my gelyk na die glans van gloeiende wit metaal, na iets soos vuur met 'n rand rondom, en van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, het dit vir my gelyk na vuur met 'n helder glans rondom.

ESEGIËL 3:9 (AFR83)

Soos diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop. Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.”

ESEGIËL 3:11 (AFR83)

en gaan na die ballinge toe, na jou volksgenote toe; spreek hulle aan, sê vir hulle wat Ek, die Here God, sê, of hulle luister of nie.”

ESEGIËL 3:17 (AFR83)

“Mens, Ek het jou aangestel as 'n wag vir Israel: jy moet luister na wat Ek sê en hulle namens My waarsku.

ESEGIËL 3:25 (AFR83)

Mens, jy sal vasgebind word met toue, sodat jy nie tussen die mense kan kom nie.

ESEGIËL 3:26 (AFR83)

Ek laat jou tong aan jou verhemelte vassit, sodat jy nie kan praat nie en hulle nie kan bestraf nie, al is hulle 'n weerbarstige volk.

ESEGIËL 4:7 (AFR83)

“Kyk stip na die beleëring van Jerusalem, dreig die stad, tree as profeet op teen hom.

ESEGIËL 4:13 (AFR83)

“So sal die Israeliete ook onrein kos eet tussen die nasies waarheen Ek hulle gaan verstrooi, sê die Here.”

ESEGIËL 5:4 (AFR83)

en van hulle moet jy nog 'n paar vat en in die vuur gooi en verbrand. Daar sal 'n vuur daarvandaan uitgaan na die hele Israel toe.”

ESEGIËL 5:7 (AFR83)

So sê die Here my God: “Julle het erger te kere gegaan as die nasies rondom julle toe julle nie volgens my voorskrifte en my bepalings geleef het nie; julle het nie eens volgens die gebruike van die nasies rondom julle geleef nie.

ESEGIËL 5:9 (AFR83)

Ek gaan oor al jou afskuwelike dade aan jou doen wat Ek nog nie gedoen het nie en nie weer sal doen nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid