Soekresultate vir: 2 Korintiërs 10:5

2 KORINTIËRS 5:6 (AFR83)

Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie,

2 KORINTIËRS 5:15 (AFR83)

En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

2 KORINTIËRS 5:16 (AFR83)

Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie.

2 KORINTIËRS 5:13 (AFR83)

As ons in geestesvervoering was, was ons dit vir God; en as ons by ons verstand is, is ons dit vir julle.

2 KORINTIËRS 5:9 (AFR83)

Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil.

2 KORINTIËRS 5:20 (AFR83)

Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!

2 KORINTIËRS 5:21 (AFR83)

Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

2 KORINTIËRS 5:1 (AFR83)

Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan.

2 KORINTIËRS 5:5 (AFR83)

Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee.

2 KORINTIËRS 5:10 (AFR83)

Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.

2 KORINTIËRS 5:11 (AFR83)

Ons weet wat dit beteken om die Here te dien. Daarom probeer ons die mense oortuig. God ken ons bedoelings, en ek vertrou dat julle ook van ons bedoelings oortuig is.

2 KORINTIËRS 5:17 (AFR83)

Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

2 KORINTIËRS 5:7 (AFR83)

want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.

2 KORINTIËRS 5:18 (AFR83)

Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.

2 KORINTIËRS 2:10 (AFR83)

As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie.

1 KORINTIËRS 10:5 (AFR83)

Tog was God met die meeste van hulle nie tevrede nie, want hulle het in die woestyn omgekom.

2 KORINTIËRS 2:5 (AFR83)

As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal, of, om nie te oordryf nie, ten minste 'n deel van julle.

1 KORINTIËRS 5:10 (AFR83)

Daarmee het ek glad nie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgodsdienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee.

2 KORINTIËRS 3:10 (AFR83)

Ons kan sê dat die heerlikheid van vroeër nie te vergelyk is met die alles oortreffende heerlikheid van nou nie.

2 KORINTIËRS 4:10 (AFR83)

Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.

2 KORINTIËRS 1:10 (AFR83)

Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.

2 KORINTIËRS 6:10 (AFR83)

as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.

2 KORINTIËRS 9:10 (AFR83)

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.

2 KORINTIËRS 12:10 (AFR83)

Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

2 KORINTIËRS 8:10 (AFR83)

Nou wil ek julle net raad gee om julle te help. Julle was verlede jaar nie alleen die eerste wat iets gedoen het nie, julle was ook die eerste wat gewillig was om iets te doen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid