Soekresultate vir: Spreuke 31:25

SPREUKE 8:31 (AFR83)

Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my 'n vreugde.

SPREUKE 1:31 (AFR83)

Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg.

SPREUKE 10:31 (AFR83)

Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, 'n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.

SPREUKE 3:25 (AFR83)

Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie,

SPREUKE 12:25 (AFR83)

Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.

SPREUKE 20:25 (AFR83)

Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy en agterna eers besef wat jy belowe het.

SPREUKE 7:25 (AFR83)

Moet jou nie met so 'n vrou ophou nie, moenie haar pad loop nie.

SPREUKE 6:25 (AFR83)

Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oë nie.

SPREUKE 21:25 (AFR83)

'n Lui mens soek sy dood, want hy wil nie sy hande uit sy moue steek nie;

SPREUKE 23:25 (AFR83)

Mag ook jóú vader dié vreugde hê, mag ook jóú moeder wat jou in die wêreld gebring het, so gelukkig wees!

SPREUKE 24:25 (AFR83)

Maar met regters wat regverdig straf, sal dit goed gaan; hulle sal geseën word met voorspoed.

SPREUKE 13:25 (AFR83)

Die regverdige het meer as genoeg om te eet; goddelose mense bly honger.

SPREUKE 26:25 (AFR83)

As hy vriendelik praat, moet hom nie glo nie; hy is vol bose bedoelings.

SPREUKE 30:25 (AFR83)

miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg;

SPREUKE 4:25 (AFR83)

Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.

SPREUKE 14:25 (AFR83)

'n Betroubare getuie red lewens; die een wat leuens kwytraak, maak alles vals.

SPREUKE 16:25 (AFR83)

Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.

SPREUKE 17:25 (AFR83)

'n Onverstandige seun is vir sy ouers 'n ergernis, hy is vir hulle 'n bitter verdriet.

SPREUKE 19:25 (AFR83)

As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit; as jy 'n verstandige mens straf, word hy nog verstandiger.

SPREUKE 11:25 (AFR83)

Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.

SPREUKE 22:25 (AFR83)

dalk leer jy sy maniere aan en beland jy in lewensgevaar.

SPREUKE 27:25 (AFR83)

As daar van die gras hooi gemaak is, die veld weer groen word en die voer uit die berge ingebring is,

SPREUKE 28:25 (AFR83)

'n Gierige mens veroorsaak rusie; een wat op die Here vertrou, is voorspoedig.

SPREUKE 29:25 (AFR83)

As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.

SPREUKE 10:25 (AFR83)

As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen, maar die regverdige bly altyd staan.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid