HOOGLIED 1:6
HOOGLIED 1:6 Bybel vir almal (ABA)
Julle kyk na my omdat ek bruin gebrand is, omdat die son my so gebrand het. Julle moenie so na my kyk nie. My broers was kwaad vir my, hulle het gesê ek moet die wingerde oppas, en daarom kon ek nie my vel mooi hou nie.”
HOOGLIED 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.
HOOGLIED 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet my nie so aankyk omdat ek donker is nie, omdat die son my gebrand het nie: my broers het my so bruin laat brand, hulle het my die wingerde laat oppas; ek kon my eie wingerd, myself, nie versorg nie.
HOOGLIED 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie na my staar omdat ek donker is, omdat die son my bruin gebrand het nie. Die seuns van my ma was kwaad vir my: Hulle het my die wingerde laat oppas; my eie wingerd kon ek nie oppas nie.
HOOGLIED 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie na my kyk nie, want ek is swart, want die son het my aangekyk; my moeder se kinders was kwaad vir my; hulle het my die wagter van die wingerde aangestel; maar my eie wingerd het ek nie bewaar nie.