ROMEINE 8:24
ROMEINE 8:24 Bybel vir almal (ABA)
God het ons gered, daarom hoop ons dat iets met ons sal gebeur. Dit het nog nie gebeur nie. Wanneer iets met mense gebeur het, dan hoop hulle nie dat dit sal gebeur nie, want dit het klaar gebeur.
ROMEINE 8:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?
ROMEINE 8:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien?
ROMEINE 8:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons is immers verlos in hoop. Maar die hoop wat gesien kan word, dit is nie regtig hoop nie; want wie hoop nog op wat 'n mens reeds kan sien?
ROMEINE 8:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons word gered deur hoop, maar hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat 'n mens sien, waarom hoop hy nog?