ROMEINE 8:23
ROMEINE 8:23 Bybel vir almal (ABA)
Maar dit is nie net dit wat gebeur nie, ons self sug ook, ons wat die Heilige Gees het wat God vir ons gegee het sodat ons kan weet dat God vir ons alles sal gee wat Hy belowe het. Ja, ons wag en hoop dat God ons sal aanneem om sy kinders te wees, ons hoop dat Hy ons heeltemal vry sal maak.
ROMEINE 8:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
ROMEINE 8:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry.
ROMEINE 8:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees as God se eerste gawe ontvang het, sug innerlik, terwyl ons uitsien na ons aanneming tot kinders, die bevryding van ons liggame.
ROMEINE 8:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nie alleen hulle nie, maar ook onsself, wat die eerstelinge van die Gees het, selfs ons sug in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
ROMEINE 8:23 Die Boodskap (DB)
Maar dit is nie net die skepping wat swaarkry nie. Ons kry ook swaar. Al het ons die Heilige Gees as ’n offer uit God se hand ontvang om ons te verseker dat God se nuwe wêreld op ons wag, sug en kla ons ook. Ons sien uit daarna dat God ons van hierdie sterflike bestaan sal kom verlos. Dit sal gebeur op daardie dag wanneer Hy terugkom en voor almal kom sê dat ons aan Hom behoort.