ROMEINE 8:21
ROMEINE 8:21 Bybel vir almal (ABA)
om weer vry te word van alles wat dit swak en sleg laat word het. God sal alles verander wat Hy gemaak het, en dit sal so vry en belangrik wees soos die kinders van God.
ROMEINE 8:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
ROMEINE 8:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê.
ROMEINE 8:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die skepping is onderwerp aan 'n sinlose bestaan, nie uit eie keuse nie, maar deur Hom wat dit daaraan onderwerp het. Die skepping hoop om self vrygemaak te word van verslawing aan die verganklikheid, met die oog op die heerlike vryheid van die kinders van God.
ROMEINE 8:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want teen sy wil is die ganse skepping in ’n sinnelose kringloop van aftakeling vasgevang as gevolg van God se straf op die eerste mense se ongehoorsaamheid. Die ganse skepping sien uit na die dag wanneer dit ook self van die slawediens aan hierdie verganklikheid bevry sal word en deel sal kry aan die heerlike vryheid van God se kinders.
ROMEINE 8:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ook die skepsel self sal verlos word van die slawerny van die verderf tot die heerlike vryheid van die kinders van God.
ROMEINE 8:21 Die Boodskap (DB)
Die skepping weet dat God dit ook eendag sal bevry van hierdie verskriklike lyding. Op daardie dag wanneer God al sy kinders eens en vir altyd kom verlos, sal die skepping ook vrygemaak word. Dan sal die skepping God se heerlikheid op die regte manier weerkaats. Vir altyd.