ROMEINE 8:2
ROMEINE 8:2 Bybel vir almal (ABA)
Mense wil altyd graag sonde doen, en sonde laat mense altyd sterf. Maar die Heilige Gees het jou vrygemaak en Hy help jou om altyd te doen wat God wil hê. Ja, die Heilige Gees laat jou waarlik lewe, jy wat aan Christus Jesus behoort.
ROMEINE 8:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
ROMEINE 8:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.
ROMEINE 8:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die wet van die Gees wat in Christus Jesus die lewe gee, het jou immers vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
ROMEINE 8:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van sonde en dood.