ROMEINE 8:15
ROMEINE 8:15 Bybel vir almal (ABA)
God het vir julle die Heilige Gees gegee. Daarom is julle nie soos slawe nie, julle moenie bang wees vir God nie. Nee, God het julle aangeneem, julle is nou sy kinders, en die Heilige Gees help ons om vir God te sê “Vader.”
ROMEINE 8:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
ROMEINE 8:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.
ROMEINE 8:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het immers nie 'n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “ Abba , Vader!”
ROMEINE 8:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie; maar julle het die Gees van aanneming tot kinders ontvang, waardeur ons roep: Abba, Vader!
ROMEINE 8:15 Die Boodskap (DB)
Onthou: God het sy Heilige Gees gegee aan julle wat in Hom glo. Dit is Hy wat julle kinders van God gemaak het. Verder is dit ook Hy wat nou ’n diep verlange na God in julle binneste wakker maak. Die Gees roep voortdurend in julle binneste uit: “Vader, liefdevolle Vader!” Hy sorg dat daar ’n onbreekbare band tussen God en julle is.