ROMEINE 7:21-22
ROMEINE 7:21-22 Die Boodskap (DB)
My lewe is nou so voorspelbaar soos kan kom. Elke keer as ek besluit om goed te doen, pootjie die sonde my. In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken. Maar wanneer ek die wet moet doen, wil die res van my liggaam nie saamwerk nie.
ROMEINE 7:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Ek het iets geleer wat altyd waar is: Ek wil graag die goeie dinge doen, maar die slegte dinge is altyd in my. Ek dink aan die wette van God en ek is baie lief vir hulle.
ROMEINE 7:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens
ROMEINE 7:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God
ROMEINE 7:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dus vind ek hierdie wet: Wanneer ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. In my diepste wese verbly ek my oor die wet van God