ROMEINE 6:11
ROMEINE 6:11 Bybel vir almal (ABA)
Dit is dieselfde met julle: Julle moet weet dat die sonde ook nie vir julle kan oorwin nie, want julle is vir die sonde soos mense wat dood is. Maar nou lewe julle vir God, julle wat aan Christus Jesus behoort.
ROMEINE 6:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
ROMEINE 6:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.
ROMEINE 6:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Beskou julleself dan so dat julle in Christus Jesus dood is vir die sonde, maar lewend vir God.
ROMEINE 6:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Net so reken julle ook dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God deur Jesus Christus, onse Here.