ROMEINE 6:1-2
ROMEINE 6:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ons sê ons moet aanhou sonde doen sodat God se genade meer kan word, is ons dan reg? Nee, nooit nie! Die sonde kan ons nie oorwin nie, ons is vir die sonde soos mense wat dood is. Daarom mag ons nie aanhou sonde doen nie.
ROMEINE 6:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly voortleef, sodat die genade kan toeneem? Hoegenaamd nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin bly leef?
ROMEINE 6:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
ROMEINE 6:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?
ROMEINE 6:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat sal ons dan sê? Sal ons in sonde bly, sodat die genade oorvloedig kan word? God verbied. Hoe sal ons, wat vir die sonde dood is, nog langer daarin lewe?