ROMEINE 5:5
ROMEINE 5:5 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet ons sal kry wat ons hoop, want God het die Heilige Gees vir ons gegee, en die Heilige Gees maak ons harte vol met God se liefde.
ROMEINE 5:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
ROMEINE 5:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
ROMEINE 5:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
ROMEINE 5:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die hoop beskaam nie; want die liefde van God word in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
ROMEINE 5:5 Die Boodskap (DB)
Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.