ROMEINE 5:21
ROMEINE 5:21 Bybel vir almal (ABA)
Die sonde het oor die mense regeer, dit het hulle laat sterf. Maar nou regeer God se genade oor ons. Jesus Christus ons Here red ons, en daarom spreek God ons vry en gee Hy vir ons die ewige lewe.
ROMEINE 5:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
ROMEINE 5:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.
ROMEINE 5:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dus: Net soos die sonde deur die dood geheers het, sal ook die genade deur die regverdiging heers en tot die ewige lewe lei deur Jesus Christus, ons Here.
ROMEINE 5:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat soos die sonde geheers het tot die dood, so kan ook die genade deur geregtigheid heers tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
ROMEINE 5:21 Die Boodskap (DB)
Trouens, daar is geen vergelyking tussen mense se sondes en God se genade nie. Die sonde is soos ’n wrede baas wat oor ons heers en ons uiteindelik doodmaak. Maar God se wonderlike goedheid heers oor ons elkeen wat deur Hom vrygespreek is. Dit is natuurlik net te danke aan Jesus Christus dat ons vir altyd sal lewe. Hy is nou die Here oor ons hele lewe.
ROMEINE 5:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die gevolg hiervan is dat net soos die sonde oor almal regeer het en die dood oor hulle gebring het, God se genade nou regeer. Dit laat ons nou as regverdiges voor God staan, en loop uit op die ewige lewe wat ons deur Jesus Christus ons Here sal ontvang.