ROMEINE 5:17
ROMEINE 5:17 Bybel vir almal (ABA)
Een mens, Adam, het sonde gedoen, en van toe af het die mense gesterf. Die dood het oor hulle regeer. Maar God se genade is baie beter, Hy is baie goed vir mense en Hy spreek hulle vry. Hulle sal vir altyd lewe en regeer, want Een Mens, Jesus Christus, het hulle gered.
ROMEINE 5:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
ROMEINE 5:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.
ROMEINE 5:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want as deur die oortreding van die een mens die dood deur daardie een mens begin heers het, sal hulle wat die oorvloed van God se genade ontvang, ja, die gawe van sy regverdiging, nog soveel eerder deur die een mens, Jesus Christus, in die lewe regeer.
ROMEINE 5:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as deur een se oortreding die dood deur een geheers het; veel meer sal hulle wat oorvloed van genade en van die gawe van geregtigheid ontvang, in die lewe regeer deur een, Jesus Christus.)
ROMEINE 5:17 Die Boodskap (DB)
As dit waar is dat die dood oor die hele wêreld geheers het deur een man se sonde, dink dan net wat een Man se offer tot gevolg sal hê: ’n splinternuwe lewe! Elkeen wat God se oorvloedige goedheid en sy vryspraak deur Jesus Christus ontvang, sal soos ’n koning saam met Hom heers.
ROMEINE 5:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die oortreding van hierdie een mens, Adam, het veroorsaak dat die dood oor ons regeer, maar deur die een mens, Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer.