ROMEINE 5:15
ROMEINE 5:15 Bybel vir almal (ABA)
God se genade is anders as die sonde en dit is sterker as die sonde. Een mens, Adam, het sonde gedoen, en daarom het baie mense gesterf. Maar God se genade is baie beter. Ja, God is baie goed, Hy het Een Mens, Jesus Christus, gegee, en dit is hoe God genadig was vir baie meer mense.
ROMEINE 5:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
ROMEINE 5:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
ROMEINE 5:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die genadegawe is nie soos die oortreding nie. Want as deur die oortreding van een mens baie gesterf het, het die genade van God, ja, die genadegawe wat deur die een mens, Jesus •Christus, gekom het, vir baie mense nog soveel oorvloediger geword.
ROMEINE 5:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar nie soos die oortreding nie, so is ook die vrye gawe. Want as baie deur die oortreding van een gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe uit genade wat deur een mens, Jesus Christus is, vir baie oorvloedig geword.
ROMEINE 5:15 Die Boodskap (DB)
Tog kan Adam se sonde en Christus se verlossing nie in dieselfde asem genoem word nie. As slegs een persoon se sonde in staat was om miljoene mense in die dood te dompel, dink net wat God kan regkry deur een Man, Jesus Christus. Omdat God so baie vir ons omgee, het Hy hierdie Man na ons toe gestuur om ons vry te kom maak. Jesus Christus is die sigbare bewys van God se ongelooflike goedheid.
ROMEINE 5:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tog is daar ’n ernstige verskil tussen ons sonde en God se genadegeskenk van vergifnis. Want die oortreding van hierdie een mens, Adam, het die dood van baie veroorsaak, maar die ander mens, Jesus Christus, het soveel meer gedoen: die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!