ROMEINE 5:14
ROMEINE 5:14 Bybel vir almal (ABA)
Hulle was nie skuldig nie, maar hulle het gesterf, van die tyd toe Adam gelewe het tot die tyd toe Moses die wette van God vir die Israeliete gegee het. Die dood het oor al die mense regeer. Die mense wat nie dieselfde sondes gedoen het wat Adam gedoen het nie, het ook gesterf. Ja, Adam het sonde gedoen en gesterf, en dit het gewys wat Christus moes kom doen, Christus, die Een wat later gekom het.
ROMEINE 5:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.
ROMEINE 5:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom
ROMEINE 5:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nietemin het die dood van Adam af tot by Moses geheers, ook oor dié mense wat nie gesondig het op dieselfde wyse as wat Adam oortree het nie. Adam is 'n voorbeeld wat heenwys na Hom wat sou kom.
ROMEINE 5:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nietemin het die dood geheers van Adam af tot by Moses, selfs oor hulle wat nie gesondig het nie, na die gelykenis van Adam se oortreding, wat die figuur is van Hom wat sou kom.
ROMEINE 5:14 Die Boodskap (DB)
Tog heers die dood van Adam se tyd af oor alles en almal. Al die mense wat ná Adam geleef het, het ook doodgegaan, al het hulle nie presies dieselfde sondes as hy gedoen nie. Maar Adam wys ook vooruit na die Een wat ons uit die greep van sonde kom bevry het.