ROMEINE 5:13
ROMEINE 5:13 Die Boodskap (DB)
Nog voordat God sy wet aan Moses gegee het, was daar al sonde in die wêreld. Dit was nog net nie so duidelik uitgespel nie.
ROMEINE 5:13 Bybel vir almal (ABA)
Die mense het sonde gedoen voordat God vir hulle sy wette gegee het, maar hulle was nie skuldig nie, want hulle het nog nie die wette gehad nie.
ROMEINE 5:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
ROMEINE 5:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie.
ROMEINE 5:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vóór die wet was daar reeds sonde in die wêreld, maar as daar nie 'n wet is nie, word sonde nie toegereken nie.